Jesus Christus is die… (Boodskap 2) deur Victor Muller

Skrifverwysing: Openbaring 1:8

Jesus Christus is die… (Boodskap 2)

Skrifverwysing: Openbaring 1:8

Ewigheid. ‘n Predikant het aan die begin van een Sondag oggend se erediens vasberade die preekstoel bestyg en vir ‘n paar sekondes in stilswye sy gemeente vas in die oë gestaar. En toe hardop uitgeroep… “Het u al Ewiglewende ontmoet!” Ons beperkte kennis kan skaars die onafmeetbare distansies van die heelal begryp. Nog minder die begrip van ewigheid en die Ewiglewede. Tog het, ironies genoeg, die afgeleefde Johannes, verban tot die eiland van Patmos, ‘n slaaf in die brutale Romeinse Ryk, as apostel ‘n  openbaring verkry van die….

1)Een wat reeds daar was voor die begin van tyd. (“Ek is Alfa… wat was…”)

a.       Die begrip van tyd (sekondes, minute, ure, dae en jare) het nie altyd bestaan nie. Raak vir ‘n oomblik stil en dink daaroor… Voor alles was daar net God. Geen materie, skepping, heelal of tyd nie. Niks nie. Slegs die Drie – enige God. Dit is te groot om te begryp.

b.      Johannes het reeds met die inleiding van sy Evangelie vir Christus (God die Seun) raak bekryf as die Ewiglewende. “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God.” (Joh 1:1)

2)Een wat bestaan deur die anale van tyd. (“…wat is…”)

a.       Vanuit die brandende bos het God Homself aan Moses openbaar as o.a. “die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob (Ex 3:6). Hy is die persoonlike God vir elke ware gelowige oor al die eeue tot vandag toe.

b.      Jesus Christus, as God die Seun, is waarlik ons tydgenoot. Hy is nie net Heer van die Aartsvaders, Profete en andere in die O.T. nie, maar ook die Heer van die dissipels en apostels in die N.T. Hy is ook Heer, hier en vandag, want Hy is God van en in die gekiedenis; die Een wat tergelyke tyd op alle tye en in alle plekke bestaan.

3)Een wat daar sal wees na die beïndiging van tyd. (Ek is… die Omega… wat kom)

a.       Net soos wat Christus voor tyd reeds daar was, sal hy ook voortbestaan na die voleindiging van tyd. Hy is bo, buite, rondom, in tyd en sy karakter is nie en word glad nie daardeur beïnvloed of affekteer nie.

b.      Selfs na die “laaste basuin blaas” sal Christus bly voortbestaan tot in ewigheid.

Die oproep van daardie predikant tot sy gemeente was nie om dowe neute nie.

Ek was eendag saam met hierdie selfde predikant op die strand. Al lopende gesels ons oor dit en dat en op daardie stadium was hy werklik vir my ‘n “Paulus” in my lewe as ‘n jong “Timóteüs.” Op een stadium sê hy toe al turende oor die see: “Weet jy Victor, my pa en ek het ook so menigmaal saam langs die see afgestap en per geleentheid vra hy vir my of ek werklik weet wat dit beteken dat iemand in Christus is en Christus terselfde tyd in hom is.” Hy meld toe van sy onkunde as kind en ook hoe sy pa stil – stil ‘n 500ml plastiese bottel opgetel het.

Die predikant staan toe stil en draai met sy volle lyf na die sonsondergang toe. Heel in vervoering en met ‘n nostalgiese kyk in sy oë praat hy voort: “My pa haal toe die proppie af, stap na die water, maak die botteltjie vol seewater, draai die proppie terug en…

…gooi toe die botteltjie in die see…”

Die predikant draai na my toe, kyk my vol in die oë en herhaal toe sy pa se woorde met ‘n sagte glimlag: “Daar het jy dit… ek en Christus en Christus in my.”   

“…dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.” Kol 1:27

“Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.” Kol 3:3

Deur Victor Muller

Epos: vmul0702@gmail.com

Vir verdere tekspreke en inligting kyk gerus by:

0:00
0:00