Die een wat terugdraai deur Victor Muller

Skrifverwysing: Lukas 17: 11 – 19.

Die een wat terugdraai deur Victor Muller

Skrifverwysing: Lukas 17: 11 – 19.

Al ooit opgelet hoe dankbaar is iemand wat werklik honger was, nadat jy vir hom iets te ete gegee het? Of selfs wanneer jy iemand uithelp wanneer hy/sy werklik in die nood verkeer. Dalk kan jy self assosieer met die gevoel? Net toe die krises op die egste was, het hulp om die draai gekom. Wat vir my gewoonlik tref is die gesindheid waarmee daardie persoon dan sal dien en leef… Dankbaarheid (Al is dit dan ook nou net vir ‘n tydjie). Dit is so ‘n skaars verskynsel in ons hedendaagse, “eiegewin-self-help-selfgesentreerde-wêreld”. Tog in hierdie gedeelte leer ons dat ‘n dankbare hart een is wat:

1) Terugdraai om God te verheerlik (v.15)

a.       Al tien melaatses is genees, maar slegs een het terug gedraai om Jesus te dank. Ironies genoeg was dit ‘n Samaritaan wat teruggedraai het om die Jood te dank wat hom gesond gemaak het. Dankbaarheid is blind vir die ras, status of die klas van die persoon wat dit ervaar of aan die persoon teenoor wie dit betoon word.

b.      Wat het die ander nege dan danig verkeerd gedoen? Hulle was dan gehoorsaam aan die opdrag? Hulle was oppad om hulself te gaan toon aan die priester. Dankbaarheid gaan dieper as net blote ‘gehoorsaamheid’. Dit gaan gepaard met ‘n hartsgesindheid.

c.       Die Samaritaan kon gewag het vir die amptelike bevestiging van die priesters voordat hy teruggedraai het om Jesus te dank. Inteendeel, hy het sy bevestiging gaan soek by DIE HOËPRIESTER (Heb 9:11).

d.      Hy kon God verheerlik terwyl hy oppad was of dalk na familie toe gaan wat moontlik met verlangende verwagting gehoop het op sy terugkeer, maar nogtans het hy eers teruggedraa.

2) Neerval en Christus verheerlik deur aanbidding. (v16 – 18)

a.       Aanbidding moet in dankbaarheid gedoen word anders is dit nie eg nie.

b.      God se seëninge kom tot ons deur sy seun. Hierdie man het dit raakgesien en daarom eers God se beste gekies deur terug te draai.

c.       Jesus was nie so seer verbaas oor die een wat terug gedraai het nie. Die ander nege het vrae in Sy gemoed laat ontstaan. Dankbaarheid is nie veronderstel om ‘n unieke gawe in sommige mense te wees nie; dit is veronderstel om eerder die alledaagse lewenswyse van alle mense te wees.

3) Opstaan om ‘n lewe van heelheid uit te leef. (v19)

a.       Jesus se woorde was nie net ‘n blote herinnering aan die melaatse van sy fisiese genesing nie. Dit was ‘n ekstra geestelike seëning, ‘n dieper werk van genade. (Die ander nege het nie hierdie woorde gehoor nie.)

b.      Ons ontvang hierdie dieper werk van genade, wannneer ons dankbaar is vir God se seëninge en goedheid in ons lewe. Dankbaarheid bekroon ons lewens met die volheid wat alle materiële seëninge van God oorskadu.

Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie—

nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.

Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Hab 3: 17 – 19.

When you arise in the morning, think of what a precious privilege it is to be alive—to breathe, to think, to enjoy, to love. – Anon

Kom ons vertrou die Here om ‘n daadwerklike gesindheid van dankbaarheid aan ons te skenk.

Deur Victor Muller

Epos: vmul0702@gmail.com

Vir verdere tekspreke en inligting kyk gerus by:

http://www.preke.net/index.php/victor-muller

0:00
0:00