TITLE: DIE MAALTYD, GENOOIDES EN DIE DIENSKNEG
SCRIPTURE READING: LUKAS 14: 12-24
DEVOTIONAL SCRIPTURE: LUKAS 14:16-17
(Luk 14:16, 17) “Maar Hy antwoord hom: ‘n Sekere man het ‘n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi. En op die uur van die maaltyd het hy sy dienskneg uitgestuur om vir die genooides te sê: Kom, want alles is nou gereed.”
INLEIDING
Hierdie Skrifgedeelte openbaar vir ons die Reddende Genade van God teenoor elke mens wat nog verlore is in sonde en wat vasgevang is deur die wêreld en die plesiere daarvan. Ook wonderlike beloftes van sekerheid wat vir ons as kinders van God uit hierdie gedeelte na vore kom. Ook het menige bedienaar van die Woord van God uit hierdie gedeelte bevestiging ontvang van hulle roeping tot voltydse se diens in die akker van die Here.
Die belofte van die wederkoms van ons Here Jesus Christus en die Bruilofsmaal wat op die wag wat hul rein en heilig bewaar is ook vir ons hierin opgeteken.
Wanneer ’n maaltyd soos hier beskryf, gereël en voorberei word, is die gaste reeds lank voor die amptelike aankondiging in kennis gestel van die maaltyd. Dan wanneer alles gereed is word die uitnodiging gestuur deur die diensknegte.
In hierdie gedeelte sien ons 3 scenario’s. Die Groot Maaltyd, die genooides en die diensknegte.
DIE GROOT MAALTYD.
Die Gr woord deipnon wat hier gebruik word vir maaltyd vind ons 16 keer in die Nuwe Testament. Dit word ook gebruik vir die Nagmaal soos ons vanoggend geniet het.Dit verwys elke keer na ’n formele maal wat gewoonlik in die aand voorberei is. Baie voorbereiding het dan daarin gegaan. Sweet, arbei, soms trane en pyn, soms gepaardgaande met erge stryd.
In hierdie gedeelte verwys die tyd van die maal na die genade dispensasie waarin u en ek nou lewe en die maal self verwys na al die seëninge en voorregte voorberei en voorgesit deur die Seun van God, Christus Jesus. Deur Homself voorberei vir elke sondaar wat na Hom sal keer nou, ook vanaand hier en ook in die toekoms terwyl die deur van genade nog oop is. Weet dit verseker dat daar ’n tyd sal kom wat die genade deur toe sal gaan, soos ook met hierdie maal en niemand dan sal kan inkom nie.
(Luk 14:24) “Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie.” Heb 3:13 “Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.”
Hierdie maal is deur Christus Jesus self vir ons voorberei (Joh 14:1-3) “Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.”
(Luk 22:41-44) “En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as ‘n mens met ‘n klip kan gooi, en neergekniel en gebid en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied! En ‘n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk. En toe Hy in ‘n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.”
Mar 15:34 “En die negende uur het Jesus met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Eloï, Eloï, lamma sabagtáni? wat, as dit vertaal word, beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?”
(Joh 19:30) “En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.”
(Opn 19:9) “Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.”
Die maal is gereed, voorbereiding is afgehandel, die tafel is gedek met alle seëninge en voorregte met betrekking tot redding en heiligmaking, nou is die verantwoordelikheid op die genooides en die dienskneg.
DIE UITNODIGING:
“ALLES IS NOU GEREED.” V.17
Elke Geestelike en tydelike seëning vir tyd en ewigheid is nou gereed in Christus Jesus.
Die boodskap dat alles vir die redding van ’n sondaar is nou gereed, vir u heiligmaking is nou gereed in Christus.
Het u ’n Verlosser nodig, ’n Plaasvervanger om vir u by God in te tree?
Kyk daar is die Lam van God Joh 1:29 “Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! Die Perfekte Volmaakte Plaasvervanger vir ’n verlore gaande sondaar.
Het u vergifnis nodig van sonde? Dit is gedek op die tafel en gereed vir u wanneer u kom aansit. (Hnd 13:38) “Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,”
Het u behoefte aan krag? Dit is voorgesit op die tafel en gereed Hand 1:8 “maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.”
Wat ook al u behoefte vanaand mag wees, dit is gedek op die tafel en gereed (Efs 1:3) “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,”
DIE GENOOIDES. V.14:21
(Luk 14:21) En daardie dienskneg het gekom en dié dinge aan sy heer vertel. Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy dienskneg gesê: Gaan gou uit in die strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in.”
Almal is genooi.
Die armes: verteenwoordig die wat van deur tot deur gaan by die wêreldse plesieroorde waar hulle bedel vir iets om hul behoefte te bevredig, maar niks ontvang nie.
Die verminktes: verteenwoordig waarvan die gewete vol littekens is, waarvan die wilskrag alreeds deur die sonde en die wêreld afgesny is en wat eintlik hopeloos is, die tafel is ook vir hulle in gereedheid gebring.
Die kreupeles: verteenwoordig die wat hul beste doen om voor te gee dat alles reg is, hulle probeer so hart om goed en reg voor te kom maar kan nie die gebrek wegsteek nie. Die wandel wys daar is ernstige gebrek.
Die blindes: verteenwoordig die wat baie goed voorkom maar lewe in die donkerheid van duisternis hulle hele lewe lank. Hulle uiterlike lyk goed en is soms vir mense aanvaarbaar, maar hulle weet nie waarheen hulle oppad is en wat die gevare is nie.
Verduidelik die waarheid aan hulle, verkondig dit, roep dit uit vanaand, die tafel is gereed met al die seëninge van Christus Jesus onse Here.
DAAR IS NOG PLEK
(Luk 14:22) En die dienskneg het gesê: Meneer, wat u beveel het, is gedoen, en daar is nog plek.
Daar is nog plek vir u vanaand, vir die mense daarbuite, verlore in hul sondige toestand, daar is nog plek.
DIE DIENSKNEG
Die Gr woord wat hier gebruik word is “doulos. Letterlik beteken dit ’n slaaf. Metafories beteken dit iemand wat homself oorgegee het aan iemand anders se wil. Die wat ’n verlenging is van en tot voordeel is van die saak van God onder die mense. Elkeen wat deur Christus gebruik word. Elke Bloedgewaste kind van God.
Elkeen van God se kinders, gewas in die kosbare Bloed van Jesus, en wedergebore is bestem tot die rol van “doulos”.
Afgesonder van die wêreld eenkant gesit vir diens tot die saak van God. Elke kind van God wat vanaand hier sit met die getuienis in die hart van redding, the hierdie verantwoordelikheid op u om die uitnodiging uit te dra.
Die Here sal bekragtig, salf met Sy Heilige Gees en toerus, maar die “gaan” is met u en my.
(Luk 14:23) Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.
“Gaan Uit” exerchomai. Metafories beteken dit om uit te gaan vanuit ’n samekoms, vergadering. Die dienskneg moet eers in die teenwoordigheid van die Meester wees om die opdrag te ontvang om uit te gaan. Ons as kinders van God moet voortdurend in Sy teenwoordigheid wees om Sy stem te hoor “Gaan uit”
Dwing se betekenis kan in die volgende Skrifgedeeltes gesien word: (2Ko 5:20) Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.
Now then we are ambassadors for Christ, as though God did beseech you by us: we pray you in Christ’s stead, be ye reconciled to God.
(Rom 11:13, 14 “Want aan julle heidene sê ek: Vir sovêr as ek ‘n apostel van die heidene is, verheerlik ek my bediening as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red!
Om soos dienskneg te word: (1Ko 9:19) Want alhoewel ek van almal vry was, het ek my aan almal diensbaar gemaak om soveel van hulle as moontlik te win.
Die maaltyd is nou gereed, gaan u kom aansit of gaan u ook verskoning uitdink soos die genooides?
Gaan u die uitnodigings boodskap uit dra sodat die gaste kan kom aansit, of is ons tevrede met ons eie redding en die van ons kinders.