EENSAME OORLOG!
Ek wonder wie van u het al gehoor van Luitenant Hirro Onanda? Hy was die laaste Japanese soldaat om oor te gee na die tweede wêreldoorlog. Hy was agtergelaat op die eiland Lubang in die Filippynse Eilande in 1944 saam met drie ander soldate. Hulle opdrag was:- “Gaan voort met die sending al gee Japan oor!”. Hulle het voort gegaan en die drie soldate saam met hom is later dood of het oorgegee. Onanda het voort gegaan met sy eensame oorlog.
Deur die jare het hy boodskappe wat oor luidsprekers gebring is geignoreer. Verder is daar duisende strooibiljette oor die oerwoud gestrooi wat hom vra om oor te gee. Hy het vir 29 jaar met sy eensame oorlog aangegaan en ten minste 30 mense vermoor. Daar is meer as ’n half miljoen dollars spandeer om hierdie man te soek en te vind.
10 Maart 1974 het Onanda sy geroeste swaard oorgegee, nadat een van sy offisiere hom persoonlik gevra het om dit te doen. Sy eensame oorlog was verby en hy keer terug na Japan as ’n twee en vyftig jarige man. Hy arriveer in Japan en toe maak hy die opmerking:- “Daar was niks aangenaam in die 29 jaar in die oerwoud!”.
Waarlik!!!! – Daar is ook niks aangenaam vir die mens om al die jare met verskuilde sonde of swakhede of verslawings te stry nie! Het jy geweet dat hierdie eensame oorlog beeindig kan word , as jy net toelaat dat ander jou help? Christus het aan die kruis gesterf sodat ons nie ’n eensame oorlog hoef te voer nie. Besef vandag dat daar niks aangenaam is in jou eensame oorlog!
ROM. 15:1 En op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie.
ROM. 15:2 Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting.
ROM. 15:3 Want ook Christus het Homself nie behaag nie, maar soos geskrywe is: Die smaadhede van die wat U smaad, het op My geval.
GEBED.
Vader dit is vir baie jare dat ek ‘n stryd het met hierdie eensame oorlog in my binneste! Vandag wil ek oorgee en daarom vra ek dat U my sal vry maak? Dankie dat die bloed van Christus ons reinig van alle sonde! AMEN