MISVERSTAND

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

MISVERSTAND

 

Tydens die Vietnamese oorlog is ’n dorpie gebombardeer en ’n weeshuis wat deur sendelinge bestuur was is getref. Daar was ’n agtjarige dogterjie wat verskeie wonde opgedoen het en wat baie bloed verloor het. ’n Vloot dokter en ’n verpleegster het daar opgedaag, slegs met hul mediese-noodhulpsak. Die dogtertjie was in ’n kritiese toestand en het dadelik ’n bloedoortapping benodig. Nie die dokter of die verpleegster het die regte bloedgroep gehad nie, alhoewel die kinders wel dit gehad het. Hulle het dadelik vir die kinders probeer oortuig, dat indien hulle nie vir die dogtertjie bloed gaan skenk nie, sy sal sterf. Die dokter het in sy gebroke Vietnamees probeer verduidelik en die verpleegster in Frans maar al reaksie wat hulle gekry het was groot oë wat hulle aangestaar het. Na ’n doodse stilte en ’n tydjie, wat voel soos die ewigheid, het daar ’n handjie vinnig opgegaan, toe weer af en toe weer stadig op. “Baie dankie!” het die verpleegster gesê en gevra wat is sy naam. “Heng”, het hy gesê.

 

Tydens die prosedure het Heng sy gesig met sy vry hand verberg, toe hulle die naald in sy arm druk, en toe begin huil. “Is dit seer?”, het die verpleegster gevra en Heng het saggies “Nee” geantwoord . Dit was baie duidelik dat iets vir Heng gepla het en op daardie oomblik het daar ’n Vietnamese verpleegster gekom. Sy het vir Heng gevra wat die probleem was en hy het toe gesê dat hy gaan sterf , want hy moet al sy bloed vir die dogtertjie gee. Die verpleegster het toe gevra, maar waarom sal jy dit dan vir haar wil doen? “Omdat sy my vriendin is!”, het Heng geantwoord.

 

By hoeveel misverstande was jy al betrokke? Mense wat JY misverstaan het maar ook waar mense JOU misverstaan het?  MISVERSTAND het al baie vriendskappe,huwelikke en verhoudings verbreek. Ons moet “in mekaar se koppe klim” om te verstaan hoe die ander  dink. So het ek gewonder of die Here Jesus nie deur baie mense misverstaan is en nogsteeds word nie?

 

PREDIKER 5:5 “Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ‘n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was ‘n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?”

 

  

 

GEBED.

 

Vader gee my die gehoor, insig en geopende verstand om die mense rondom my te verstaan. Bewaar ons van misverstande en dat die duiwel geen plek in ons lewe sal vind nie. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00