Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

WARE VRIENDE?

Twee seuns was beste vriende. Hulle het saam opgegroei en hul vriendskap het net verdiep. Die een het ’n prediker geword en die andereen ’n priester. Hulle het elke week ’n afspraak gehad vir koffie en niks het hulle gekeer nie.

Dit is na so ’n ontmoeting dat hulle weer totsiens gesê het en na hulle voertuie vertrek het. Die een het voor die winkel parkeer en die andereen agter. So het die een van die agterkant om die hoek gekom en die andereen het voor om die hoek gekom en toe het hulle gebots. Daar het die twee geroepenes in die straat gestaan met albei se motors erg beskadig.

Nadat hulle seker gemaak het dat die andereen nie beseer is nie, het hulle opnuut hulle vriendskap bevestig teenoor mekaar. Hierdie botsing sou nie hul vriendskap verbreek nie. Die priester het in die voertuig se paneelkassie ’n bottel whiskey gehaal en toe geskink en vir die andereen gegee om te drink. Hy is aangemoedig dat hulle op hul vriendskap moes drink. Die prediker het die inhoud met ‘n “Sheers” weggeslaan.

 Die priester het die bottel weer in sy paneelkissie geplaas. Die andereen wat gedrink het, het toe gevra of hy nie ook op hul vriendskap gaan drink nie? Ja, het die priester geantwoord, ek sal drink sodra die polisie hier was.

Soveel vir vriendskap!

SPREUKE 18:24 “‘n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is ‘n vriend wat sterker aanhang as ‘n broer.”

Is Christus Jesus jou vriend?

GEBED

Moet op prinse nie vertrou nie, by wie niemand heil kan vind – op die mens jou hoop nie bou nie; want as God hul gees ontbind, keer hul na die aarde weer en hul raadslag stort terneer. (Ps 146:1) Vader dankie dat U my vriend is. AMEN

0:00
0:00