PELGRIMSLIED

O Pelgrim op reis na jou hemelse tuiste
Is jy nog getrou met jou werk hier op aarde
Jou oog steeds gevestig op hemelse waardes
Het jy ‘n standaard, en ‘n skoon, rein gewete
Soos heilige mense van jare gelede
Wat net deur geloof alleen die bose oorwin het
Breek deur die harde kors o Heer
‘n magtige stroom wat niemand kan keer!
 
Onthou jy die tye toe mense gebuig het
Die grond was te hoog voor Sy heilige troon
maar nou het ons kennis en baie ervarings
Ons harte is koud, so hard en ongenaakbaar
Ons sien net die splinter in lewens van ander
Ons bid soos die fariseer, so hoog en verhewe
Breek deur die harde kors o Heer
‘n magtige stroom wat niemand kan keer!
 
Onthou die die tye toe mense gebid het
Tot laat in die nagte gesmeek en gestry het
Vandag het ons beter metodes en planne
Maar vestings se mure staan sterker en vasster
o maak ons weer lewend, want U is dieselfde
Ons harte en tonge verdroog van die dors, o Heer
Breek deur die harde kors o Heer
‘n magtige stroom wat niemand kan keer!
 
0:00
0:00