Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
’N NUWE PAD!
God is aan die woord en praat met JOU:-
“Ek gaan met jou ’n NUWE PAD stap, sê die Here.
Ek sal nooit vir jou te vinnig stap nie.
Ek weet presies watter pas jy kan hanteer.
Ek ken jou beter as wat jy jouself ken.
Ek ken die tempo van jou lewe.
Ek werk saam met die ritme van jou bestaan.
Ek sal jou NOOIT manipuleer of forseer nie.
Ek lei jou…..en begelei jou.
Ek fluister saggies in jou oor.
Vertrou my ten volle met jou nuwe pad?
Ek is met jou!”
Indien God met JOU gepraat het deur hierdie gedeelte, is dit uiters belangrik om te let op jou lewe. Jy is die een wat die sagte fluistering van die Heilige Gees moet waarneem! Jy is die een wat die koers aanpassing sal moet maak!
Moenie dat die Here by jou verby gaan , terwyl Hy by jou hart se deur klop nie?
JESAJA 43:2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
JESAJA 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.
JESAJA 43:5 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou;
GEBED
Dankie Here vir U beloftes. AMEN