Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE
’n Lied
PRECIOUS LORD TAKE MY HAND!
Thomas Andrew Dorsey was ‘n swart jazz musikant. Hy het in 1926 alles prys gegee om hom toe te spits op Geestelike musiek. “Peace in the valley” is een van sy bekende stukke wat hy geskryf het maar daar is ’n verhaal agter een van sy mees bekendste stukke wat hy geskryf het.
In 1932 was dit ’n baie moeilike tyd vir Dorsey. Hy het net probeer om die depressie – jare te oorleef as musikant. Die ergste van alles was, dat sy musiek op daardie stadium vir die mense nie aanvaarbaar was nie. Daar was sommige wat beweer het dat sy musiek te wêrelds was, dit was duiwelse musiek, het hulle gesê. Jare later het Dorsey maar net daaroor gelag. Hy vertel dat hy uit baie kerke “geskop” was oor sy musiek. Die ergste skop wat hy in die mond ontvang het, was jare later toe hy een aand in ’n stad was waar hy sou optree. Hy het ’n boodskap ontvang dat sy vrou, wat op daardie stadium swanger was, oorlede is. Hy was plat geslaan en selfs sy geloof het begin wankel maar inplaas daarvan om in sak en as te gaan sit, het hy hom na sy musiek gewend.
In sy ergste hartseer en pyn het hy die volgende lied geskryf:-
Precious Lord take my hand,
Lead me on let me stand.
I am tired, I am weak, I am worn.
Through the storm, through the night,
Lead me on to the light;
Take my hand, precious Lord lead me home.
In elkeen van ons se lewe ervaar ons pyn, hartseer, hulpeloosheid, teleurstellings en probleme van alle aard.
Die Here is ons enigste toevlug in sulke tye van trauma.
PSALM 9:10 “So is die HERE dan ‘n rotsvesting vir die verdrukte, ‘n rotsvesting in tye van benoudheid.”
Tom Dorsey het dit verstaan en sy lied wat hy geskryf het, was om te oorleef met sy eie pyn en smart.
Vandag put talle mense seën uit die lied wanneer hulle in moeilike tye beland.
Gebed
Vader, dankie dat U my toevlug kan wees in moeilike tye! Neem my hand vandag en lei my na die plek waar U wil hê ek moet wees? AMEN