ʼn Jaar op sy einde
2015, ʼn Jaar vol gebeure en in ʼn oogwink verby
Daar was oomblikke van hartseer en ander meer bly
Tog is ons veilig aan die einde van nog ʼn jaar
Deur genade van die Vader is ons gespaar
Drie vrae kom op, was jy al met hulle gekonfronteer?
Lees hulle aandagtig, dalk hoor jy hulle nie weer…
1. Het jy al die kostes van jou sonde en die Evangelie bereken?
2. Behoort jy aan Jesus Christus, met die ou gevalle mens afgeteken?
3. Kyk terug na die jaar, wat het jou lewe vir Hom beteken?”

0:00
0:00