Verby

 

 

Die tik-tok slaan met donderslae.
Dis nag. Ons wag.
Die doodsklop ego skielik hard.
Dis swart. Jy’s weg.
Die tik-tok lui. Dis klaar.
Verby.
Jou kans
om God te soek
versmaad.
Ewig
Ewig
Te Laat.
 
– Marike Bruwer –
 
0:00
0:00