1 Samuel 15: 1 – 3 ( brei uit oor gebeure ) & Romeine 12:1 + 2
1 Samuel 15: 1 – 3 ( brei uit oor gebeure ) & Romeine 12:1 + 2
Tema: vers 1 … “ luister dan nou na die stem van die woorde van die HERE. “
Vanoggend wil ek nie met julle praat en sê luister dan nou na die stem van die woorde van die HERE wat Hy tot Saul gespreek het nie, maar ek wil met julle gesels en sê luister dan nou na die stem van die woorde van die HERE wat Hy tot ons spreek deur die apostel Paulus.
Die woorde waarna ons gaan kyk en waarna ons moet luister is:
Romeine 12:1 + 2
“ Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. “
Kom ons gaan kyk ‘n bietjie wat van ons verwag word deur hierdie woorde wat Paulus vir ons skrywe om ons liggame te stel as ‘n lewendige, heilige en aan God welgevallige offer.
Ø 1ste plek Paulus sê vir ons, ons, ons liggame stel… Nou wat beteken dit om ons liggame te stel?
Ø In die Outestament wanneer ‘n dier geoffer is, was dit geslag en die bloed was geoffer, in die geval van enige ander offer soos die eersteling van jou inkomste, is dit eenkant gesit vir die diens van die HERE. Hy wie die offer bring teken alle reg op dit af, offer dit aan die HERE, gee dit oor aan die HERE sodat die HERE daarmee kan handel volgens Sy wil.
Ø Israeliete kon nooit self hul offer wat hul gebring het self offer nie, hul dit gebrink vir die hoëpriester, hul reg om dit te besit afgeteken, omgedraai weggeloop, offer by die hoëpriester gelos en die hoëpriester het dit aan die HERE geoffer. En die HERE daarmee gedoen wat goed is in Sy oë.
Ø Soos Israel die eersteling van hul inkomste aan die HERE moes offer, so vermaan Paulus ons om ons liggame, lewe aan die HERE te stel, dit aan Jesus Christus die Rots geklief vir my en jou ons Hoëpriester te bring, ons reg aan ons self af te teken, dit by Jesus te los sodat Hy dit aan Sy Vader kan offer as ‘n welgevallige offer en daardeur Jesus die eer ontvang vir dit wat Hy daar aan die kruis vir ons gedoen het.
Ø Hoekom wil God ons alles hê?- Want God het Sy alles vir ons gegee, Sy Seun die HERE Jesus Christus, sodat ons wat verdien om gestraf te word vir ons sondes nie gestraf hoef te word nie.- Want Jesus het Sy alles vir jou en my gegee tenspyte van wie ek en jy is. Hy Jesus is die Rots geslaan, geklief vir my en jou sondes, Hy is geslaan, gespot, gespoeg, gemartel en bo dit alles verwerp van Sy eie Vader vir my en jou!- Jesus het Sy alles vir jou en my aan die kruis van Golgotha gegee en daarom is Hy waardig dat ek my alles vir Hom gee. – My alles wat ek vir die HERE Jesus kan gee kan nie naby kom by alles wat Hy vir my en jou aan die kruis gegee het nie, dit is nie eers ‘n drupel in die emmer nie!- Is die HERE Jesus die Rots geklief vir jou en my so kosbaar dat jy jou alles vir Homs al gee, al is dit so klein teen dit wat Hy vir jou en my gedoen het?
Ø ‘n Baie belangrike aspek van om my lewe as offer aan die HERE te offer is: die offer wat ek bring moet vrywillig wees, anders is die offer nie aanneembaar nie.Jesus het Homself vrywilliglik as offer aan ons gegee. Uit Sy liefde vir my en jou het Hy Homself vrywilliglik vir my en jou as offer gegee soda tons kan lewe.Net so behoort ons ook ons lewe as offer aan Hom vrywilliglik, uit liefde en dankbaarheid aan Hom te gee.Weet jy wat, die HERE dwing ons nie om ons liggame, lewens aan Hom te stel nie, want as daardie offer nie vrywilliglik is nie, beteken dit absoluut niks nie.
Ø Jesus die Eew’ge Rots geklief vir jou, wat die straf vir jou sonde wat jy verdien vir jou betaal het, wat geslaan is vir jou sonde, staan in liefde en met ope arms en wag dat jy jou lewe as ‘n vrywillige liefdes offer aan Hom moet bring. dwing jou nie, Hy wag liefde vol met ope arms, wat jy daarmee maak is jou saak, onthou net as die offer nie vrywilliglik is nie, beteken dit absoluut niks nie.
Ø In die Outestament is daar twee offers aan die HERE gebring.1) Offer vir die sonde van die volk. 2) Eer en erkenning aan die HERE te bring. Vandag egter kan ons as mens nie meer ‘n offer vir ons sondes bring nie, want die HERE Jesus het klaar die volmaakte offer vir ons sondes aan die kruis gebring. Ons moet dit net aanvaar en deel van ons lewens maak.Liewe jongmaat wil ek jou vanoggend vra, was jy al by die kruis en het jy vergifnis vir jou sondes ontvang, of weet jy nog net daarvan?Charles Spurgeon die volgende gesê: “ daar is ‘n verskil om te weet en om self by die HERE Jesus te gewees het. Illustrasie: sakpe boer.
Ons wat waarlik gered is, wat wel by die HERE Jesus was en vergifnis vir ons sondes ontvang het, ons word vermaan om ons liggame, lewens as ‘n offer van eer en erkenning aan God te offer. Ons liggame te stel as ‘n lewendige, heilige en aan God welgevallige offer.
Ø Ons liggame, lewe stel as ‘n lewendige offer-Een van die komentare het die volgende geskrywe: “ An mortal being presented to Him, presented voluntarily, with all his energies, from day to day until life shall close, so that it may be said that he has lived and died an offering made freely unto God. “
-M.a.w ek as sterflike mens gee my hele lewe, hele wese, hele liggaam, alles wat ek is as ‘n vrywilliglike offer aan die HERE. Ek leef elke dag met al my energie en krag vir die HERE om die HERE te behaag in alle aspekte van my lewe, soos in my:-verhouding met my ouers- verhouding met my broers en susters-verhouding met my ou of meisie, teenoorgestelde geslag-verhouding met my vriende wanneer ek tussen hulle is- wanneer ek alleen is en niemand sien my nie ( daar word mos gesê, wie jy is wanneer jy alleen is, dit is wie jy werklik is )
Ek moet in elke situasie en elke aspek van my lewe met al my krag en energie vir die HERE lewe. Nie net wanneer dit goed en lekker gaan nie, want dan is dit mos maklik, maar ook wanneer dit moeilik gaan, versoekinge kom, dinge begin warm word, daar waar die paw-paw die fan strike in daardie situasies ook met al my krag en energie vir die HERE lewe.
Nou dis maklik om te sê HERE ek is oorgegewe aan U, maar is ek oorgegewe aan die HERE? Weet jy hoe weet jy dit, as die tekkie die teer tref, dinge bietjie moeilik en warm raak, jy alleen is en jy kyk dan na jou optrede dan sal jy weet of jy waarlik oorgegewe is en of jy jou liggaam as ‘n lewendige offer stel.
Ek gaan alleen dit kan doen as ek total en al oorgegewe aan die HERE is, ek die reg op myself afgeteken het en oorgegee het aan die HERE dat Hy my lewe beheer. Ek sê HERE hier is ek, ek is nie meer in beheer van lewe nie, kom neem U beheer.
Die HERE is dit waardig ek en jy ons lewens as ‘n lewendige offer aan Hom stel, ons met al ons energie en krag vir Hom lewe, sodat daar van ons gesê kan word, hy/sy het gelewe en gesterwe as ‘n offer aan God.
1 Korinthiers 6:20
“Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.”
Verheerlik jy God in jou liggaam en in jou gees wat aan Hom behoort? Luister jy na die stem van die woorde van die HERE?
Ø Ons liggame, lewe stel as ‘n heilige offer
– Wanneer ek myself, my liggaam, my lewe as ‘n lewendige offer aan die HERE gee, moet ek seker maak ek is rein, onbesmet, vlekkeloos, skoon gewas deur die kosbare bloed van die HERE Jesus Christus van ongeregtigheid in my lewe.
– Israel was verbied om enige dier wat lam, kreupel, blind of enige gebrek gehad het aan die HERE te offer. Dit was ‘n gruwel vir die HERE.
Deuteronomium 15:21
“Maar as daar ‘n liggaamsgebrek aan is—lam of blind, enige lelike gebrek—dan moet jy dit nie aan die HERE jou God offer nie. “
Deuteronomium 17:1
“ Jy mag aan die HERE jou God geen bees of stuk kleinvee waaraan ‘n liggaamsgebrek, iets slegs, is, offer nie; want dit is vir die HERE jou God ‘n gruwel. “
– Jesus die Eew’ge Rots geklief vir my en jou was die volmaakte LAM sonder gebrek wat vir my en jou sondes geoffer is, daarom kan Hy ons reinig deur Sy kosbare bloed en ons sodoende rein, heilig, onbesmet, vlekkeloos, skoon voor God kan wees en ons offer aanvaar word.
1 Johannes 1:7
“ Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. “
Ø Ons liggaam lewe stel as aan God welgevallige offer
– Wat beteken aan God welgevallige offer? Dis ‘n offer wat aanvaarbaar is vir God, ‘n offer wat God behaag, ‘n offer wat God soek, n’ offer wat God wil hê.
– Wat is die ding wat jy die heel graagste wil hê?
– Soos jy daardie ding wil hê, baie meer verlang God dat ons, ons liggame, lewens as ‘n lewendige heilige offer aan Hom stel.
– Hy verlang lewendige offer…
– Hy verlang heilige offer…
Ø Jy het vanoggend die stem van die woorde van die HERE gehoor, wat gaan jy daarmee maak? Gaan jy luister na die stem van die woorde van die HERE? Of gaan jy voort om soos Saul te maak, jou eie ding doen en dink jy behaag die HERE.
Ø In laaste plek wil ek gou met julle paar gedagtes deel oor vers 2
Vers 2: “ En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. “
Ø M.a.w moenie word soos hierdie wêreld nie, moenie begeer om soos hierdie wêreld te wees nie, maar vernuwe jou gemoed in die Skrif, lees die BYbel en rig jou lewe daarvolgens in en word verander meer en meer na die beeldtenis van die HERE Jesus Christus.
Ø Kom ons gaan kyk na ‘n paar praktiese voorbeelde:- Moenie aantrek soos hierdie wêreld nie. Ek praat nou nie van brand names nie, vir die van julle wat nou die hoender wil ruk. Ek praat van moenie soos hierdie wêreld aanterk en alles wil wys nie. Kyk wat sê die Bybel oor kleredrag en rig jou lewe daarvolgens in.
1 Timotheüs 2:9a
“ So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding… “
Behoorlike kleding beteken – om alles te bedek wat bedek moet word! Die wêreld sê wys alles en die Bybel sê bedek alles.
Iemand het gesê:“ If your clothing is a frame for your face… God loves it.“ If your clothing is a frame for your body… Its sensual and God hates it. “
Ø Hoe lyk my verhouding met my ouers?- Wat sê die wêreld: geen respek, geen liefde, tee praat, ongehoorsaamheid. Kyk maar na waste beeld die media deur gee. Kyk self na die kinders vandag, jy en jou hul ouers, cheeky, geen respek ens. Ek word partykeer bang as ek dit sien en dink aan wat sou my ma aan my gedoen het as ek dit gedoen het.
– Wat sê die Bybel: Ons moet ons vader en moeder eer en gehoorsaam wees.
Exodus 20:12
“ Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee. “
Mattheus 15:4
“Want God het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe. “
Ø Hoe lyk my verhouding met my medemens?- Wêreld sê, soek altyd eie gewin, soek eie voordeel, stel jouself bo ander kom bo uit en trap op ander as dit nodig is.- Wat sê die Bybel? Ander persoon hoër stel as jouself, nederig wees en nie net eie belange soek nie
Filippense 2: 3 – 5
“ Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n. Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. “
Ø Hoe lyk my verhouding met ou of meisie, teenoorgestelde geslag?- Wat sê die wêreld, bevredig jou eie begeertes, toets alles en gaan bed toe. Media
– Wat sê die Bybel, hou jou rein en vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid.
2 Timotheus 2:22
“ Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep “
Ø Hoe lyk my lewe wanneer ek alleen is?
– TV, internet, alleen in kamer, tussen mense wat die HERE nie dien nie, weg van mense wat HERE dien? Wêreld sê weereens toets alles en bevredig jou begeertes.
– Wat sê die Bybel, waak, bid en vlug!
2 Timotheus 2:22
“ Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep “
Lukas 21:36
“ Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan. “
Ø Moenie aan hierdie wêreld gelykvormig word nie, m.a.w moenie handel soos die wêreld nie, moenie probeer wees soos die wêreld nie, moenie lyk soos hierdie wêreld nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, lees die Woord van God en rig jou lewe daar volgens in.
2 Korhintiers 3:16
“En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is. ‘
Ø Dink aan die Woorde van Mnr Myburgh hy aangehaal het Heiligheids konferensie 2011. “ If we do the gazing, He will do the changing “
Ø Slot:
Ø 2 jong Moraviese manne gehoor van eiland in Wes-Indië, 2000-3000 slawe aangehou word deur Britse athiës.
Ø Britse athiës gesê: geen prediker, geen sendeling sal op hierdie eiland bly nie.
Ø As sendeling, predikant skipbreuk lei, sal hom/haar in aparte huis hou totdat hy/sy
weer kan gaan.
Ø Maar hy gaan nooit dat iemand met hulle op hierdie eiland van God praat nie, hy is klaar met daardie nonsense.
Ø 3000 slawe van die woude van Afrika is gebring na hierdie eiland in die Atlanties en hulle is daar om te lewe en dood te gaan sonder om van Jesus Christus te hoor.
Ø Hierdie 2 Moraviese manne het hiervan gehoor.
Ø Hulleself verkoop aan die Britse athiës en die geld wat hulle gekry het, het hulle gebruik vir hulle reis na hierdie eiland, die Britse athiës wou hulle nie self vervoer nie.
Ø Soos die skip die rivier verlaat by Hamburg vaar hy uit op die Noord See aangedryf deur die gety, kom die families van hierdie 2 jong Moraviese manne om hulle te groet. Die 2 jongmanne is in hulle twintigs en is nie van plan om weer terug te kom nie.
Ø Want hierdie was nie ‘n 4 jaar uitreik aksie nie, hulle het hulleself vir ‘n leeftyd van slawerny verkoop om as christene onder hierdie slawe te leef.
Ø Hulle families was daar, huilend, want hulle het nie geweet of hulle ooit weer hierdie 2 jongmanne gaan sien nie.
Ø Hulle het gewonder hoekom hierdie 2 jongmanne gaan en die wysheid daarvan bevraag teken.
Ø Soos die skip verder en verder oor die oseaan vaar, hak die een jong man by die ander een in, lig sy hand en skree die laaste woorde wat ooit van hierdie 2 jong Moraviese manne gehoor is.
Ø Die woorde was: “ May the Lamb that was slain receive the reward of His suffering!!! “
En dit het later die leuse geword van die Moraviese sending. “ May the Lamb that was slain receive the reward of His suffering!!! “
En mag dit vir ons genoeg wees om te luister na die stem van die woorde van die HERE en ons liggame te stel as ‘n lewendige, heilige en aan God vergevallige offer, want Hy is waardig om die vrug van die moeite volle leiding van Sy siel te ontvang!