Lasarus (Joh. 11)

Article Content

Article Title

Neem weg die steen vir die Meester vandag
Hy staan al lank by die graf en Hy wag
Hy is die opstanding, het jy geweet?
Hy laat die dooies leef.
 
Dink jy dan dit is te laat vir die Heer
Of sien jy nie kans vir die pyn en die seer?
Jy sal Sy heerlikheid sien as jy glo
Niks is te groot vir Hom.
 
Sal jy jou lewe nou voor Hom ontbloot
Hy sien reeds alles daarbinne, jou nood!
Self kan jy nooit die verandering bring
Sy Woord kan jou bevry
 
Laat niks jou hinder hoe groot ook die prys
Hy het die skande verag van die kruis
Nou’s Hy verhoog ver bo elke gesag
Jesus gekroon vir ons.
0:00
0:00