Laat skyn jou lig, Jerusalem

Is jy moeg van laste dra
Het jy al die Heer gevra?
Deur die berg maak hy ‘n weg
Al wat krom is maak hy reg.
 
Laat skyn jou lig, Jerusalem
Sing voor die Heer, verhef jou stem
Jou droefheid sal soos mis verdwyn
Jou hemelson sal heeldag skyn.
 
Bose pyle soek jou siel
Om jou lewe te verniel
Jesus is jou skuld en hoop
Jy is met Sy bloed gekoop
 
Laat dit wees net soos jy glo
Hy het jou mos self beloof
En sy Woord is altyd waar
Hy’s jou Skuilplek teen gevaar.
 
0:00
0:00