God kan ons gebruik

Daar is baie redes waarom God u nie eintlik moes roep in sy diens nie. Moet egter nie bekommerd wees nie. Jy is in goeie geselskap. Moses het gestotter … Dawid se gevegsklere het nie gepas nie … Markus was deur Paulus afgekeur … Timotheus het siektes gehad … Hosea se vrou was ‘n prostituut … Amos se enigeste opleiding was om bome te snoei … Jakob was ‘n bedrieër … Dawid het ‘n buite egtelike verhouding gehad … Salomo was te ryk … Jesus was te arm … Abraham was te oud … Dawid was te jonk … Petrus was bang vir die dood … Lasarus was dood … Johannes was selfgeregtig … Naomi was ‘n weduwee … Paulus was ‘n moordenaar … netso was Moses … Jona het van God weggevlug … Miriam het geskinder … Gideon en Thomas was ongelowig … Jeremia was depressief en wou selfmoord pleeg … Elia was uitgebrand … Johannes die dooper het grootgepraat … Martha was ‘n smartvraat … Maria was lui … Simson het lang hare gehad … Noag het dronk geword … het ek genoem dat Moses kort van draad was? Dit kan ook gesê word van Petrus, Paulus – wel, baie van diésulkes was daar. God verwag egter nie ‘n werksonderhoud nie. Hy stel nie aan en stel af soos baie werkgewers nie. Hy is meer ons Vader as ons Baas. Hy kyk nie na finansiële voordele of verliese nie. Hy is nie jaloers, kantkieserig, veroordelend, beoordelend, grommig of doof vir ons geroep nie en ook nie blind vir ons behoeftes nie. Soveel soos wat ons ookal probeer – Sy gawes is verniet. Ons kan wonderlike dinge vir wonderlike mense doen en steeds is ons nie …. wonderlik nie. Satan fluister al te graag: “Jy is ‘n nikswerd.” … Jesus sê: “So what? Ek IS.” … Satan kyk altyd terug en sien ons mislukkings. God kyk egter terug en sien die Kruis.  

0:00
0:00