GOD IN JOU HOEK.

Hoe dit gaan uitwerk gaan afhang van elkeen se eie optrede en dit gaan verskillend wees. Nie almal van ons is boks entoesiaste nie. Daar is sommige wat dit nie kan hanteer hoe die een die ander slaan en somtyds tot die bloed loop nie. Dit is so dat ons almal wel die boks legende, George Forman, die voormalige swaargewig-boks-wêreld-kampioen moet bewonder. ’n Paar jaar gelede het hy op die ouderdom van 42 jaar weer in die bokskryt geklim. Hierdie keer was dit slegs vir een geveg. Dit was teen Evander Holyfield. Was dit vir die glorie? Nee het Foreman gesê! Was dit vir aansien? Nee! Was dit vir die Here? Ja! Hoekom? George Foreman is ’n prediker wat met seuns werk wat probleme het. Hy gaan haal hulle van die straat , help hulle in die samelewing en vertel vir hulle van die Here Jesus Christus. Daar was talle ingeligtes wat geglo het George Foreman sal slegs vir drie rondes teen Evander kan staan. Ja, George het nie die geveg gewen nie maar hy het al 12 rondes geveg en is vir die geveg betaal – al wat hy wou gehad het.

Ek weet nie wat die Here vir jou het om te doen nie? Dit mag so snaaks wees soos wat Hy van George Foreman verwag het, of net om jou getuienis met die buurman te deel. Wat wel belangrik is, is dat jy Hom moet glo en dan gaan doen wat Hy van jou verlang.

Indien jy vandag in die kryt van die wêreld klim, wie is in jou hoek? Wie is die een wat jou raad gee? Wie is die een wat jou help? Vir wie luister jy? Indien dit nie die Here Jesus Christus is nie, HET JY PROBLEME! Jy is op ’n afdraande pad! Jy gaan die geveg verloor! Oorweeg asseblief die afrigter in jou hoek?

PREDIKER 9:10 “Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie.”

GEBED

Here baie dankie dat U vir my ‘n taak het hier in my omgewing! Vader dankie dat ek tot alles instaat is deur U wat my die krag gee. Baie dankie dat ek met sekerheid nou kan bid om U te dank dat U die een is wat in my hoek is vir die lewe en die lewe hierna. AMEN

0:00
0:00