George Whitefield

Die Evangelis George Whitefield [1714-1770] het geleer dat dit baie meer belangrik is om God gelukkig te maak as vir mense. Die wete dat Hy God eer met sy doen en late het hom meer bemoedig as wat sy vyande se ontmoediging deur valse beskuldigings ‘n invloed op sy lewe kon hê. As Sendeling het hy op ‘n tyd ‘n verwoeste beskuldiging gekry dat hy verkeerd gedoen het. In antwoord op bg. het hy in ‘n brief beleef geantwoord: “Ek bedank u hartlik vir u skrywe. Aangaande dit wat u en my ander vyande teen my te sê het wil ek u meedeel dat ekself baie erger dinge van myself weet as wat u van weet. Met liefde in Christus, George Whitefield.” Hy het nie probeer om homself te verontskuldig nie. Hy was baie meer begaan om die HERE sy God gelukkig te maak.  

0:00
0:00