GEEN OUERS!

’n Japanese vlieënier is tydens die tweede wêreld oorlog deur die Amerikaners gevang. Hy is in ’n “Prisoner of war” –POW – kamp geplaas. Hierdie man het later sy verhaal aan ’n vriend in Japan vertel, van hoe hy behandel is in die POW kamp. Hy het vertel van die goeie behandeling, maar wat hom die meeste getref het is dat daar elke dag ’n meisie van so twintig jaar oud die kamp besoek het. Sy was Margaret “Peggy” Covell. Sy het daagliks vir die Japanese boeke en tydskrifte gebring en dan ook so ver as wat sy kon die siekes versorg. Hulle het haar gevra , waarom sy dit doen? Sy het geantwoord dat dit is omdat die Japanese haar ouers tereg gestel het. Haar ouers was sendelinge gewees. Die oorlog het uitgebreek en hulle het die berge in gevlug. Die Japanese het hulle later gevang en hulle beskuldig dat hulle spioene is. Haar ouers het verduidelik dat hulle sendelinge is , maar die Japanese het hulle nie geglo nie en tereg gestel. Peggy het toe net besef dat indien haar ouers die Japanese vergewe het, wie is sy om dit teen hulle te hou. Haar gesindheid en haar liefde wat sy teenoor die Japanese uitgeleef het, het talle beinvloed. Haar verhaal het ook gehelp dat die Vlieënier wat die aanval op Pearl Harbour geloods het tot bekering gekom het in 1949 en hy het ’n boek geskryf, “From Pearl Harbour to Golgotha”.

 Liewe vriend, daar diep in jou is daar gebeurtenisse en name van mense vir wie jy nie vergewe het nie. Besef jy dat vergifnis het krag, in so ’n mate dat dit die wêreld kan verander? Jesus , Stefanus , Filemon, en talle ander het vergewe. Hoe lyk dit vandag? Is dit nie tyd dat jy die ander in jou lewe vergewe en die vrede van God ontvang nie?

MATT. 6:14 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

:15 Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

GEBED

Here , vergewe my want ek kannie vergewe nie? AMEN

0:00
0:00