GEE MY LEWE TERUG?

Baie jare gelede het ek ’n film gesien – ware verhaal – van ’n jongman wat ’n wilde lewe gelewe het.  Partytjies, drank, rook, los meisies en al hierdie tipe van lewe het hy na gejaag. Die polisie het hom vir moord gearresteer en alle getuienisse het getoon dat hy skuldig was. Almal , ook sy ouers , het teen hom gedraai maar hierdie jongman het bly pleit dat hy onskuldig is. Hy is lewenslank gevonnis en hierdie man het al sy vryheid verloor. Daar was nie meer partytjies, drank , vriende en vriendinne , motorfietse en motors nie. Sy lag het in droefheid verander. Hy het sy lewe verloor en agter die tralies gesit saam al die misdadigers.

Hy het af en toe ’n besoek ontvang en eendag het hy sy pa oortuig dat hy onskuldig is. Prokureurs en advokate is gekry om weer die saak op te neem maar elke keer onsuksesvol – SKULDIG EN LEWENSLANK TRONKSTRAF!

Sy pa het by die Polisie kantoor ingesluip en die leêrs deursoek en ’n ontdekking gemaak van ‘n man met dieselfde naam en van, van ’n groot misdadiger. Pa het ’n junior prokureur gevind – ’n vuurvreter – om die saak te neem. Die uiteinde is, dat die jongman is onskuldig bevind en die gewoonte misdadiger het lewenslank gekry.

Die jongman het sy lewe weer terug gekry. Ja, hy het weer begin lewe.

Wat het in jou lewe gebeur dat dit vir jou voel asof jy jou lewe verloor het? Hierdie gebeurtenis maak dat jy voel jy wil nie meer aangaan met jou lewe nie! Jy is moeg! Jy roep uit:- GEE MY LEWE TERUG?

Jesaja 38:16  Here, by hierdie dinge leef ‘n mens, en geheel en al is daarin die lewe van my gees: laat my dan gesond word en laat my lewe!

Jy het dit verloor as gevolg van siekte , verwerping , teëspoed oor jou lewenspad of wat ookal.

Hoe gaan jy dit terug kry?   

Joh 6:35  En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.

Joh 10:10  Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

Dus gee die beheer van jou lewe aan die Here Jesus Christus. Gee jou lewe in Sy hande om weer die lewe te verkry. Vertrou God met jou alles.

GEBED

Here, daar is baie dinge wat ek nie verstaan nie! Ek gee my lewe totaal aan U oor en ek vra dat U my sal begelei dat ek weer sal lewe? AMEN

0:00
0:00