Elke tree...
Elke tree skets ‘n verhaal
Van waar ons was en waarheen ons wil gaan.
Soveel beloftes binne my,
Maar daar’s net Een wat regtig ewig bly!
Ons loop ‘n pad van hartseer soms,
En as ons terugkyk weet ons wat dit kos,
Maar die lewe stop nie, dit gaan aan,
Want ons maak staat op Sy Naam!
Met elke tree wens ek JOU voorspoed…
Mag elke voetspoor duidelik uitroep
Daar is ‘n beter pad vir jou en my.
‘n Pad van lig wat na Sy troon lei …
Die lewe deel jou net een hand
En dis die Vader wat ons vuur laat brand
Verlore tog was ek en jy,
Maar terug na Hom is waar Sy liefde lei!
OORSPRONG ONBEKEND
PSALM 25:12 Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.
PSALM 37:5 . Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer;
GEBED
Dankie Here, dat ek my lewensweg aan U kan toevertrou! AMEN