DIE REGTE PERSPEKTIEF.

’n Man het eendag ’n kunsgalery besoek en terwyl hy besig was om deur te stap en die werke te bestudeer, het hy gaan stil staan by ’n skildery van die gekruisigde Here Jesus Christus. Hy het die liefde van Golgota bewonder. Terwyl hy so na die gesig van die Here Jesus kyk en die pyn en smart daarin geskilder bewonder, het die wag van die galery hom op die skouer getik en gesê:- “Laer! Die skildery is deur die skilder so gedoen dat die beste perspektief waardeer word wanneer jy laer is”.  Die man het so bietjie gebuig en toe na die skildery gekyk. “Laer , nog laer!”.  Die man het op een knie gebuig en toe opnuut die uitdrukkings van die skildery bewonder. Die wag het my sy flitslig beduie , ”Laer, jy moet nog laer!”.  Dit is eers toe dat die man op albei sy knieë staan dat hy die skildery bewonder! Dit is eers toe hy so laag is en op kyk dat hy die sklider se perspektief waarneem en bewonder.

 Is dit nie ook waar in ons aanbidding nie? Dit is eers wanneer ons, ons self verneder en buig voor die Here Jesus, dat ons die wonderlike werk van die Here kan waardeer en raak sien.

GEN. 24:48 “en ek het my in aanbidding neergebuig voor die HERE en die HERE geloof, die God van Abraham, my heer, wat my op die regte weg gelei het ….”

GEBED

Vader ek buig voor U om U te aanbid vir die werk wat U doen en gedoen het. Dankie dat U dit vir ons as mens beskikbaar stel. Ere vir U Naam van nou tot in ewigheid. AMEN

0:00
0:00