Die Nasies Oorgebly In Kanaan- Johan De Bruin

DIE NASIES OORGEBLY IN KANAAN: IS HULLE NOG TEENWOORDIG IN U EN MY LEWE?

SKRIFLESING : DEUT.5: 24-33. Error! Bookmark not defined.

Teks van Oordenking : Deut.5:32 “Sorg dan dat julle doen soos die HERE julle God julle beveel het; julle mag nie regs of links afwyk nie.”

INLEIDING

Die Griekse woorde “Peitho en pisteuo” verduidelik vir ons ‘n begrip van om te glo en gehoorsaam te wees. Heb.12:1 “Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.”

·         Geloof is ‘n innerlike aksie; niemand kan dit in my raaksien nie

·         Gehoorsaamheid is ‘n sigbare aksie wat waargeneem kan word.

Maar “peitho”, in die NT skets vir ons die gedagte van ‘n werklike en uiterlike resultaat van die innerlike oortuiging en gevolg van geloof.

Dit was nie die geval met die volk van die Here wat tot Moses gespreek het in Deut.5:27 “Gaan ú naderby en hoor alles wat die HERE onse God sal sê; dan kan ú ons alles meedeel wat die HERE onse God met u sal spreek, en ons sal dit hoor en doen.”

Dan die versugting van die Here (Heb Jehowa: Almagtig) Deut.5:29 “Ag, as hulle maar so ‘n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan.”

Die Here ken ons harte; ons voornemens; ons kan vir mense bedrieg met ‘n masker, maar nie vir God nie.

Die deurtog deur die Jordaan is ‘n tipe van Heiligmaking; Die tweede genade werk of krisis na Wedergeboorte.

Die opdrag aan die volk was duidelik om die land Kanaän in besit te neem.

Jos 1:2-5 “My kneg Moses is dood; maak jou dan nou klaar, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, die kinders van Israel, sal gee. Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het. Van die woestyn en hierdie Líbanon af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier, die hele land van die Hetiete, en tot by die Groot See in die weste sal julle grondgebied wees. Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.”

Die volke in die land moes uitgeroei word maar Israel was nie gehoorsaam nie. Kompromie is gemaak met Moab, ander nasies is gespaar en het diens verrig aan Israel. Dit het gelei tot vele onderdrukking en oorloë.

Kom ons kyk na hierdie nasies en identifiseer die karakters van elk.

Volke/Nasies wat God toegelaat het in Kanaän om die Volk van die Here te versoek en te beproef:

Jdg 3:1-4  En dit is die nasies wat die HERE laat oorbly het om Israel, almal wat al die oorloë van Kanaän nie geken het nie, deur hulle op die proef te stel— net dat die geslagte van die kinders van Israel dit kan weet—om hulle te leer oorlog voer, ten minste die wat daar vroeër nie van geweet het nie:  vyf vorste van die Filistyne en al die Kanaäniete en Sidoniërs en Hewiete wat in die gebergte Líbanon gewoon het, van die berg Baäl-Hermon af tot by die ingang na Hamat.  Hulle was dan daar om deur hulle Israel op die proef te stel; om te weet of hulle na die gebooie van die HERE wat Hy hulle vaders deur Moses beveel het, sou luister,

FILISTYNE

Karakter van:

Trotsheid: Hoogmoed; verwaandheid; selfgevoel; meerderwaardigheidsgevoel; vervuldheid met die gevoel dat mens beter, meer is as ander.

(Sag 9:6)  en die baster sal in Asdod woon—so sal Ek dan aan die trotsheid van die Filistyn ‘n einde maak—“

(Jer 48:29)  Ons het van die trotsheid van Moab gehoor—hy is baie trots! —van sy hoogheid en sy trotsheid en sy hoogmoed en die verheffing van sy hart.

(Eze 16:49)  Kyk, dít was die ongeregtigheid van jou suster Sodom: In trotsheid, oorvloed van brood en sorgelose rus het sy en haar dogters geleef, maar sy het die hand van die arme en behoeftige nie versterk nie.

Wat is die loon van Trostheid?

Sefanja 2:9-10 Daarom, so waar as Ek leef, spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Moab sal word soos Sodom en die kinders van Ammon soos Gomorra—’n veld van brandnekels en soutpanne en ‘n verwoesting vir ewig; die oorblyfsel van my volk sal hulle berowe, en die res van my nasie sal hulle beërwe.

Dit oorkom hulle vir hul trotsheid, want hulle het geskimp op en hulle groot gehou teen die volk van die HERE van die leërskare.

Pro 8:13 Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtige mond haat ek

Afgodedienaars (Rigt.16:23)  En die vorste van die Filistyne het vergader om ‘n groot offer te bring aan hulle god Dagon en om vrolik te wees; en hulle het gesê: Ons god het ons vyand Simson in ons hand gegee.

(1Sa 5:2)  Daarop het die Filistyne die ark van God geneem en dit in die huis van Dagon gebring en dit langs Dagon neergesit.

Maar ons kan sê “Afgode, nooit!” Maar is dit waar! Ek het ‘n reeks gehou te Mispa September 07 verlede jaar vir jongmense onder 30 en dieselfde gevra;

Kom ons gaan na die kamer en maak die kas se deure oop;

Die TV kamer en kyk na die videos wat daar is,

Of die CD rak, wat daarin is;

Of miskien manne, die motorhuis.

Rom.1:22-25 “Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.”

Vines beskryf afgodediens in bogenoemde Skrif, ” the sin of the mind against God.” Efes 2:3 “.. onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.”

Vines beskryf dit as miskenning van God en die eer wat Hom moet toekom.

‘n Afgodedienaar is dus nie noodwendig iemand wat voor ‘n afgodsbeeld neerkniel nie, maar is ‘n slaaf van verdorwe gedagtes/idees soos ontaarding, onsedelikheid, sedeloosheid, sedebederf, perversiteit en ook verskillende luste

Tit.3:3.”Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op ‘n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.”

Bygelowig(heid)

Jes.2:6 “Want U het u volk verwerp, die huis van Jakob, omdat hulle vol is van wat die Ooste aanbied, en van goëlaars soos die Filistyne, en met die kinders van vreemdes dryf hulle handel.”

Die Griekse woord in die NT is ‘n samevoeging van twee woorde wat verwys na godheid/goddelikheid en vrees vir ‘n vreemde god.

Dit verwys na my eie “godsdienstigheid” wat verhewe is bo alle ander; selfs die Woord en instellings van God.

Klink dit bekend: My sterre het voorspel..

Ons kan nie hiervan afwyk nie want dit is al jare die gebruik, sou ons afwyk sal dit en dat gebeur.

Die swartkat teorie, die leer ens.

Nee my vriende : Rom 8:31 “Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?”

Veglustig

1Sam.28:1 “En toe die Filistyne in dié dae hulle leër versamel vir oorlog om teen Israel te veg, sê Agis vir Dawid: Jy moet goed verstaan dat jy met my saam in die leër moet uittrek, jy en jou manne.”

Vegters/vegterye: Dit kom so dikwels voor onder kinders van die Here, wat nie so behoort te wees nie. Is dit moontlik?

Jak.4:1 “Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie?

Wat verlang die Woord van God van ons?

Tit 1:7 “Want ‘n opsiener moet as ‘n rentmeester van God onberispelik wees, nie eiesinnig, nie oplopend, geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie;”

KANAANIETE

Beksryf as :   Groot(menigte) en magtig; Num 13:28 “Maar die volk wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien”

Afgodedienaars; Deu 29:17 “En julle het hulle verfoeisels en hulle drekgode, hout en klip, silwer en goud, by hulle gesien,”

Bygelowig Goddeloos, lasterlik, ongelowig en sleg.;

Deu 18:9-11 “As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie. Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan—wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.”

Wat verwag die Here van ons dan na ons redding: Sonder jou af van die wat hierdie dinge doen

Lees 2 Kor.6:14-7:1

SIDONIETE/ SIDONIËRS

Karakter van:Traak-my-nie-agtig; argloos; ondeurdagte besluite; ondeeglik;

Afgode dienaars, self-regverdiging, eie ek 1Ki_11:5; Bygelowig

Sondig, lae standard, ongehoorsaam, het geen waarde, duiwels van geaardheid, onverstaanbaar.

Hoeveel keer neem ons nie ondeurdagte besluite, wat ondeeglik blyk te wees nie. Ek glo eendag sal ons as kinders van die Here; gesag-liggame wat daar gestel is om te heers oor gemeentes ens., verantwoording moet doen  oor besluite wat ondeurdag en ondeeglik was.

Wat leer ons uit die Woord van God oor hierdie karaktereienskappe:

Mat 11:21-22 “Wee jou, Górasin, wee jou, Betsáida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle hul lankal in sak en as bekeer het. Maar Ek sê vir julle, dit sal vir Tirus en Sidon verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir julle.”

Dan is daar nog die volgende volke wat ons nie nou in detail sal hanteer nie

HEWIETE

Karakter van:Sondig, lae standard, ongehoorsaam, het geen waarde, duiwels van geaardheid, onverstaanbaar

HETIETE

Karakter van:Veglustig. Geweldig dominerend. In die Boek Josua kom hulle gereeld voor as die dominerende volk

AMORIETE

Karakter van:Goddeloos, lasterlik, ongelowig en sleg.Gen_15:16;

Afgodedienaars Jos_24:15;

PERISIETE

Karakter:Dieselfde as Kanaaniete

Jdg 2:13 Maar toe hulle die HERE verlaat en die Baäl en die Astartes dien,

Astartes

Mitelogie.

Die godin van seksuele liefde en vrugbaarheid of sexual love and fertility.

AFSLUITING

Die Vraag is: Is daar van hierdie eienskappe van die volke in my lewe sigbaar?

Indien wel moet ek en u daarmee deel, onmiddellik, ons kan dit nie vertroetel nie.

Dit het die eienaardige manier om navore te kom wanneer ek dit nie verwag nie.

Dawid smag en roep uit in Psalm 119: 125 “Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken.” Met ander woorde, open my oë en my verstand dat ek kan sien die waarhede in U Skrif.

Luk 24:45 “Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.”

In vers 126 roep Dawid uit dat dit tyd is vir die Here om te handel.

Psa 119:126 “Dit is tyd vir die HERE om te handel: hulle het u wet verbreek.”

Te midde van ‘n krom en verdraaide geslag waar alles en almal wat die Woord van God vasklem en gehoorsaam is bevraagteken word en bespot word moet u en ek vashou aan die Woord van God en gehoorsaam wees daaraan.

Gaan onder hulle uit!!

Psa 119:127-128 “Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud. Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuen pad haat ek.”

Verwerp alle opdragte/insettinge; leerstellinge van mense wat teen die wil van God en Sy Woord is

2Tim 3:1-5 “Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.”

Filippense 2:14-16 “Doen alles sonder murmurering en teëspraak, sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld, deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot ‘n roem teen die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie.”

Heb 10:22-25 “..laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.

Mag die Here U seën en genadig wees, Amen.

0:00
0:00