Die Beste Grap

‘n Vername Britse koerant het sy lesers versoek om grappe na die koerant in te stuur en toe is gestem watter was die beste in die hele Brittanje. Verstommend is die volgende aangewys as die beste uit meer as 10 000 grappe: Sherlock Holmes en dr Watson het besluit om ‘n bietjie te gaan kamp. Na ete en ‘n lekker bottel wyn het hulle maar gaan inkruip vir ‘n rustige nagrus. ‘n Paar ure later het Homes wakker geword en sy vriend in die ribbes gepomp. “Watson, kyk na bo in die lug en wat sien jy?” Watson se antwoord: “Ek sien miljoene sterre”. “Nou, wat sê dit?” Watson het ‘n paar oomblikke gedink. “Astronomies, dit sê vir my daar is miljoene sterrestelsels en moontlik ook biljoene planete.” “Astronomies, sien ek Saturne is in Leo.” “Uurgewys lei ek af dit is nou omtrent kwart oor drie in die môre.” “Teologies kan ek sien dat God magtig is en ons maar klein en gering is.” “Weerkundig kan ek sê dat ons ‘n pragtige dag gaan hê.” “Nou wat sê dit vir jou Holmes?” So vir ‘n minuut was Holmes doodstil en toe sê hy: “Watson, jou idioot. Iemand het ons tent gesteel!”  

0:00
0:00