Dawid en Goliat​(1 Sam 17​)

Dawid en Goliat(1 Sam 17)

Net vyf gladde klippe leer die goeie Boek ons,

Was die jong held se ammunisie in hierdie geveg;

Een was genoeg en gemik op die spotter se frons,

Die reus het geval en klein Dawid was reg!

Swak is so sterk in ons Heer se groot hand,

Ook die beer en die leeu onderstreep dié feit,

Oorwinnend die ou Bond aan die Here se kant,

Biddend en wakend teen die vyand se byt!

Staan sterk en bly veg O my Pelgrims Bond,

Hardloop soos klein Dawid die stryd tegemoed,

Gebed en geloof lyk soos ‘n klein klippie rond,

Maar in die Heer se slinger oorwinning so soet!

0:00
0:00