“Daai iemand vir jou”
In ʼn gevalle wêreld kry mense in hulle verhoudings seer
Hulle staan weer op, vergeet van God, en soek iemand anders weer
Nog ʼn verhouding en nog twee gebreekte harte
Jesus is nêrens te vinde, so gaan hul voort met die smarte
Vergeet van alles en soek eers vir Jesus Christus, ons enigste hoop
Voor jy enigsins daaran kan dink om in ʼn ander verhouding te loop
Hy is die Weg die Waarheid die Lewe en sal jou in alles lei
Sonder Hom kan jy niks doen behalwe verder agter uit gly
Daarom wees nie angstig oor ʼn man of vrou
Dit gaan eerste oor Jesus, laat Hy wys wie is “Daai iemand vir jou”

0:00
0:00