PETRU
Waarom kan ek U nie nou volg nie Heer
Ek sal my lewe vir U gee!
Sal jy jou lewe vir my gee?
Voorwaar Ek sê vir jou, jy sal my drie maal verloën
Voordat die haan sal kraai
Daar by die bidplek kom soek hulle Jesus
Ook Petrus was daar met ‘n hart wat vol vrees is
Soldate vang Jesus, van ver af volg Petrus
En daar langs die vuurtjie verloën hy die Heer!
Toe Petrus daar opkyk in Petrus se oë
Was hy so gebroke, – dat hy so gefaal het
Meteens sien hyself wat Jesus bedoel het
Die vrees wat hom drywe, gelei deur die vlees.
Toe pinksterdag aanbreek was Petrus ook daar
Almal het gelowig gewag in aanbidding
Soos ‘n magtige wind, vuurtonge wat reinig
het die Heilige Gees elke hart kom vervul.
Dieselfde man Petrus staan op daardie dag
En preek vir die skare met krag uit die hemel
So diep het sy woorde die harte getref
En groot was hul blydskap – drie duisend gered!