DIE TEMPEL

Die Tempel se deure is dig toegesluit
Dis donker en koud, al die lampe is uit
Daar’s as op die altaar, die vuur is geblus
Van God se teenwoordigheid nooit meer bewus
Dis stil in die heiligdom
Plek van ontmoeting
Wêreldse liefde het Jesus verdring.
 
Sluit oop die deure, herstel die poorte
Vul nou die lampe met olie van bo
Reinig die tempel steek aan die vure
O kom weer terug na U heiligdom Heer
 
Vergeef my ontrouheid, my laksheid en skuld
My lou hart se toestand laat my onvervuld
Gebede slaan vas teen plafonne en mure
Ek stry met U Gees as Hy saggies kom praat
Onwillig, onbuigsaam, ek soek nou U raad
Duif van die hemel, kom terug na my hart.
 
O bring weer die Koning terug na Sy troon
Terug na Sy tempel, dit waar Hy wil woon
Hy wys my die seerplek, so vlak in my siel
Waar jakkalsies lustig my wingerd verniel
En onder Sy kragtige hand sal ek my neerbuig
Berge van skeiding smelt weg by die kruis.
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00