Josef se broers (Gen 37, 42-45)


 Josef se broers (Gen 37, 42-45)

 

Josef se broers was afgunstig op Hom
Die bittere haat het deur jare gegroei
Een dag in die veld roep hul: Laat ons hom doodmaak
Genadeloos word hy verkoop soos ‘n slaaf
Josef se vader, sy hart was gebreek
Maar sonder berou was sy broers en verhard
Verby snel die jare en – Josef is vergete
Die stem van gewete het stiller geraak.
 
Maar jare kan sonde se spore nooit uitwis
As jy nie vergifnis wil kry
En eendag sal God jou verlede weer oopmaak
Bedekte geheime waarmee jy nog stry
Al groei die gras oor die grafte van gister
Maak oop jou hart dat Sy bloed jou rein was.
 
Maar tyd staan nie stil nie, en God se wiel draai
Want net wat jy saai sal jy sekerlik maai
God bring deur hongersnood die broers terug na Josef
Die man van wie hulle ontslae wou raak.
 
Kyk, ek is Josef! Die skokkende woord!
Dit sny soos ‘n swaard deur die hart en die siel
Skielik val God se lig op die leuens en die sonde
Want God maak die graf van verlede weer oop.
 
 
0:00
0:00