Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

VERRAAIER IN DIE MAFIA.

 

In die begin van 1950 , in Kalifornië , was Joe Donato een van die invloedrykste mans in die Mafia. Hy het wilde partytjies gehou en dan duisende dollars daaruit verdien. Hy het daarvan gehou om vanaf sy 12 meter boot vis te vang. Hy het ’n groot liefde gehad vir duur motors. So was sy lewe vol van wêreldse plesier en het hy goed gevorder in die Mafia tot in 1972.

 

Tot en met hierdie tyd was hy suksesvol met dobbel en as Mafia – leier.

 

Daar was wel twee onverklaarbare gebeurtenisse in Joe se lewe wat hom altyd bygebly het. Die een verhaal is, toe hy as jong seun van elf jaar oud ‘n 4 meter boot gesteel het. Hulle het op die yskoue water gevaar en in die middel van die stroom het die boot omgeslaan. Hy het saam met die boot in die ysige watergraf gesink maar skielik was dit soos ’n reuse hand wat hom uit die ysige water gehaal het. Sy lewe is gespaar. Die ander verhaal is, toe hy ’n vliegtuig gemis het en daardie vliegtuig het geval en talle aan boord was dood.

 

Vyf van sy mede Mafia –bendeleiers is in sy leeftyd koelbloedig geskiet. Hy is dikwels met die dood gedreig en getuig hy, dat hy in vrees geleef het.                       ’n Tienduisend dollar bed koop nie vir jou ’n goeie nagrus nie.

 

Joe het onvrede in sy hart ervaar. Hy het hipnose, kalmeermiddels en psigiaters probeer, maar niks het gehelp nie.

 

Een aand in 1972 het Joe uitgeroep :- “ God as U werklik is, ek is oop vir ’n werklikheid.  Kom in my hart in , Jesus!?” Joe sê dat daardie more was hy alleen maar toe hy uitroep, was die Almagtige God teenwoordig.

 

God het sy koue hart van klip verander toe Jesus dit in besit geneem het. Dit was die glorierykste ondervinding van my lewe. God se liefde en vrede het deur my siel ge-eggo.

 

God het Joe die opdrag gegee om te gaan vertel. Die Mafia het gedink dat Joe is koekoe’s , het hy vertel in 1987 in Krugersdorp voor ’n gehoor.  Hoe kon hy die Mafia verraai het?                                                                          UIT: ’N PERD IN JOU BAD

 

MATT. 11:28  “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.”

 

My vriend/in , het jy jou ou lewe verraai? Is dit nie tyd om te besef hoe genadig God met jou is en hoe jy God tart met jou lewe en dade nie? Die tyd het aangebreek om soos Joe na God te roep en jou ou lewe af te lê! God wag vir jou!

 

Wanneer gaan jy kom na Hom? Hoe lank gaan jy met jou lewe dobbel? Jy weet nie wanneer jy sal sterf nie! Daarom kom nou!

 

GEBED

 

Here, ek maak klaar met my ou lewe en ek roep tot U om in my hart te kom woon en my van alle sonde te reinig? Dankie dat U dit doen! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00