Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

SKEP MOED!

 

Daar was eendag ’n weduwee wat twee seuns gehad het, en sy was afhanklik van hulle finansiële bydraes elke dag. Die een seun het sambrele verkoop. Die weduwee sal dan elke more uitgaan om te gaan kyk of die son skyn en of is dit bewolk vir die moontlikheid van reën. Indien dit bewolk is, dan het sy moed geskep want die moontlikheid is dan daar dat haar seun sambrele gaan verkoop.  Indien die son geskyn het, dan was sy die hele dag mismoedig want die moontlikheid dat hy ’n sambreel gaan verkoop is dan skraal.

 

Die weduwee se ander seun het weer waaiers verkoop. Elke more as die weer bewolk is en dit wil voorkom asof dit gaan reën, dan was sy mismoedig want die moontlikheid dat hy gaan waaiers verkoop is skraal. Indien dit ’n heerlike warm sonskyn dag is, dan was sy opgewonde, want die moontlikheid dat hy waaiers gaan verkoop was baie goed.

 

Dit maak nie saak wat die weersomstandighede was nie, die weduwee het altyd iets gehad om haar oor te vererg.

 

Terwyl sy eendag by vriende kuier en hierdie verhaal aan hulle vertel, het een van die vriende vir haar gesê:- “ Skep moed, jy het alles tot jou voordeel! Indien die son skyn koop die mense waaiers en indien dit reën koop hulle sambrele. Wat ookal gebeur, jy trek die voordeel daaruit – jy kan nie verloor nie!”

 

Dit is eers toe hierdie gedagte in die weduwee insink, dat sy gelukkig en vredevol verder gelewe het.                                                                   Uit: Sower of seeds

 

DEUT. 31:6 “Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.”

 

HAND. 27:25 “Daarom, hou moed, manne; want ek glo God dat dit so sal wees soos aan my gesê is.”

 

GEBED

 

Here, ek verstaan nie altyd die omstandighede nie. Daar is tye wat ek moedeloos word oor dit wat in my lewe gebeur. Dankie dat ek vandag weer moed kan skep by U en verseker kan weet dat U altyd met my sal wees asook vir my en my gesin sal voorsien. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00