Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

 

PA EN SEUN – KALM EN GEJAAGD!

Baie jare gelede, was daar ‘n seun wat saam met sy pa op die klein plasie wat hulle besit het, gewerk het. ‘n Paar keer per jaar het hulle die ossewa gelaai en dan met die groente na die stad gery om dit te verkoop. Behalwe vir die plaas en hulle vanne , het die pa en seun nie baie in gemeen gehad nie. Die pa, was die een wat dit rustig en stadig gevat het, terwyl die seun die vinnige een was, die “ go-getter”.

Een oggend het hulle weer die wa gelaai en die seun het gemeen dat, indien hulle die osse druk en deur die nag ry, hulle die volgende oggend op die mark sal wees vir ‘n goeie prys vir die groente. Hy het die osse “gemoor” om te jaag vir die mark. “ Vat dit kalm seun, dan sal jy langer lewe!” het die pa gesê. Die seun het weer geredeneer oor die goeie prys wat hulle kan kry as hul eerste by die mark is. Die pa het nie daarop gereageer nie maar sy hoed oor sy oë getrek en rustig geslaap. Die seun het gefrustreerd die osse aangejaag.

‘n Paar uur later het hulle by die man se broer se huis gekom en op aandrang van pa gestop en gekuier. Nou is die seun goed opgewerk en baie haastig want hy wil by die mark kom en hoe meer die twee mans lag en gesels, hoe meer opgewerk word die seun.

Hulle het ‘n uur later weer in die pad geval en die pa het die osse se leisels geneem. Hulle het by ‘n vurk in die pad gekom en die pa het die regterkant gekies. “ Hoekom neem pa nie die linkerkant nie, dit is baie korter as die regterkant?” “Ja, dit is so maar hierdie kant se natuur is baie mooier as die ander pad sin.” het die pa geantwoord. Langs die pad was mooi blomme en bome en die stroom was so skoon en pragtig. Hulle kom by ‘n drif en daar is iemand besig om sy wa wat vasgeval het uit die drif te kry. Op voorstel van pa het hulle eers die man gehelp en ‘n paar uur later was hulle weer op die pad. Die seun was kwaad en omgekrap en haastig. “My seun, wees kalm, eendag is jy in die moeilikheid dan help iemand jou weer!”

Hulle het die aand op ‘n pragtige plek oornag maar voor sonop het die seun al ingespan en was hulle op die pad. So teen agtuur het hulle ‘n groot helder lig gesien in die lug. Daarna het hulle ‘n geweldige slag gehoor, soos donderweer. Agter die heuwels het die lug donker geword. “ Dit lyk soos ‘n groot donderstorm in die stad?” het die pa gesê. “ As ons aangejaag het sou ons nou al alles verkoop gehad het.” het die seun gesê. “Vat dit kalm my seun, dan lewe jy langer en jy sal die lewe soveel meer geniet.”

 Dit was sterk skemer toe hulle op die heuwel kom en oor die stad kyk. Hulle het gestop en oor die stad gekyk vir baie, baie lank. Nie een van hulle het ‘n woord gesê nie. Die seun het sy hand op sy pa se arm gesit en gesê:- “ Ek sien wat jy bedoel pa!”

Hulle het die ossewa omgedraai en stadig terug gery weg van die stad wat eens genoem was Hiroshima.

                                                                                Geneem uit :- The Tale of the Tardy Oxcart.

 

Waarom altyd so jaag?     Waarom altyd ongeduldig wees?

Waarom altyd gespanne lewe?

 

SPREUKE 17:27  Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is ‘n man van verstand.

 

GEBED

My Vader, dit is so maklik om in die tyd waarin ons lewe so gejaagd te lewe en die lewe mis te loop. Gee my U kalmte en rus? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00