LEWENSLES DEUR ’N SWAELTJIE.

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

LEWENSLES DEUR ’N SWAELTJIE.

Daar was ’n vrou wat deur baie moeilike omstandighede in haar lewe gegaan het. Haar huwelik was vol spanning, haar werksomstandighede was glad nie tot vervulling nie en het haar baie hoofpynne veroorsaak. Sy was so mismoedig omtrent haar omstandighede dat sy net wou opgee. Sy het geweet dat sy alles probeer het om haar omstandighede en lewe te verander maar alles het net skeef uitgewerk. Sy was uitgeput en het gevoel dat daar vir haar maar net nie uitkoms in die lewe is nie en het tot die finale besluit gekom dat geluk en volle vreugde maar net nie vir haar bestem is nie.

Eendag het sy in haar kombuis gesit, alleen en hoogs gefrustreerd. Daar het sy gesit en haar hart uitgehuil. Na ’n tyd het sy opgemerk dat ’n klein swaeltjie was in die kombuis en het die heeltyd teen die venster bo die agterdeur vas gevlieg. Sy het dadelik opgestaan en die deur oopgemaak, met die bedoeling dat die swaeltjie by die deur sal uitvlieg. Hierdie uitgeputte vrou het opgemerk dat die swaeltjie elke keer aan die bokant van die venster vas vlieg, met die denke dat dit hom sal vryheid gee , maar dan het die venster hom verhinder. Na ’n tyd het die swaeltjie moeg geword van al die kere wat hy teen die venster vasvlieg. Die swaeltjie was later so moeg dat hy nie meer kon vlieg nie maar al wat hy kon doen is om te loop. Hierdie swaeltjie het toe by die deur uitgeloop na sy vryhied en toe sien sy dat hy weer krag kry en weg vlieg die blou lug in.

Dit was asof die Here haar geestelike oë geopen het. Sy het besef dat omtrent in elke aspek van die lewe het sy net soos die swaeltjie opgetree. Sy het met haar eie gedagtes en weë probeer om uit haar omstandighede te kom en elke keer is sy plat geslaan en het sy gefaal. Sy het ongeskik teenoor haar familie opgetree en daardeur is sy plat geslaan. Sy het nie haar beste by die werk gegee nie en daardeur is sy plat geslaan. Sy het kwaad vir kwaad vergeld en is plat geslaan.

Sy het besef dat sy soos die swaeltjie by die deur van vryheid moet uitstap en haar lewe moet leef na die beste van haar vermoë en God moet toelaat om die res te doen.

JESAJA 40:28 “Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.”

:29 “Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.”

:30 “Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs;”

:31 “maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.”

GEBED

Wonderlike Vader, ek gee my hele lewe met al my omstandighede aan U sodat U my kan lei tot my vryheid. Dankie vir U genade en U krag en instaatstelling. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00