Die drie reaksies teenoor die kruis deur Victor Muller

Skrifverwysing: Matt 27: 35 – 61

Die drie reaksies teenoor die kruis deur Victor Muller

Skrifverwysing: Matt 27: 35 – 61

Het iemand al jou geknou met ‘n skewe aanmerking of ‘n kras daad net nadat jy iets vriendelik teenoor hulle gedoen of gesê het en dit nadat jy dit in die suiwerste hartsmotief bedoel het? Dit maak seer.

Na God die Seun se menswording, wandel en werk hier op aarde, het Hy homself vrywillig, met ‘n hart gevul van liefde, oorgegee as ‘n volmaakte offer vir ons. Hierdie daad van volmaakte liefde is begroet met drie reaksies wat uitgeloop het in drie gesindhede. In die gesigte van die wat by die voet van die kruis was, sien ons nou die spieëlbeeld van baie hedendaagse mense se gesindheid. Sommige maak seer. Is joune dalk:

1) Deurdrenk met gru gevoeloens van kille koudheid? (Verw. Verse 35 – 37)

a.       Die geharde soldate het ons Here Jesus emosieloos en bloeddorstig gekruisig. Hulle het met onverskillige gewetenloosheid gesit en toekyk na Sy lyding aan die kruis. Dalk in die selfde gesindheid wat ‘n mens verlustigend sal sit en toekyk wanneer ‘n kat met ‘n hulpelose muis rondspeel… Alles tot jou eie selfsugtige genot.

b.      Sy karige besittings was hul enigste belange in die ontginning van SY dood. Hulle was so gevoelloos teenoor die Meester se lyding, dat hulle hulself vermaak het deur die lot te werp vir sy klere.

c.       Is jou hart so hard dat selfs die kruisiging van Christus jou nie eers meer beweeg tot berou nie? Is jou enigste belange en behae in sy dood wat jy daaruit kan verkry?

2) Deurspoel met sadisme en bespotting? (Verw. Verse 38 – 47)

a.       Een van die misdadigers aan die kruis langs Syne, het net omgegee oor sy eie lyding en pyn; ongeag of hy dit verdien of selfs die onskuld van Jesus. Hy het Jesus aanmatigend uitgejou omdat hy nie Homself en mense om Hom kan verlos nie.

b.      Die verbygangers het sadistiese opmerkings bygdra tot Sy lyding. Hulle het hul eie nuuskierigheid kom voed en daarom het hulle Hom geen verligting gegun nie.

c.       Godsdienstige leiers het behoorlik gekrul van lekkerte en terwyl Hy oorgegewe daar gehang het, het hulle vernederende opmerkings aan Hom toegesnou. Hulle het  wraak verlang vir al die kere wat Hy die valsheid van hul harte na vore laat kom het.

3) Deurgrond met empatie? (Verw. Verse 48 – 61)

a.       ‘n Naamlose persoon het gepoog om SY lyding te verlig deur die toediening van asyn op ‘n spons. (Sekere kommentare is van mening dat asyn as verdowings middel in daardie tyd gebruik is)

b.      Die hoofman het met ‘n oplettende hart gemerk dat daar iets diepers agter hierdie toneel is en uitgeroep: “Waarlik, Hy was die deun van God!”

c.       Selfs die vroue het hulpeloos en met gebroke harte bygestaan en ook later by die graf gewaak.

d.      Josef van Arimathea het van sy rykdom gebruik om vir ons Heer se begrafnis te voorsien.

Die bekende Fiskus, sir Isaac Newton, se derde bewegings wet lui dat “Elke aksie het ‘n gelyke en teenoorgestelde reaksie”. Hierdie wet, glo ek, is ook van toepassing in die geestelike lewe. Die kruis veroorsaak ‘n reaksie in elke mens se lewe;  Al reageer die individu negatief, reageer hulle nogsteeds. Geen mens kan sê dat hy/sy bo die invloed van die kruis is nie.

Tydens ‘n vakansie bybelskool te velddrif, moes ons na die pouse die kinders inroep vir die volgende sessie. Sommige het dadelik opgehou baljaar en ingekom. Ander het weer traag reageer en gesê hulle wil nog ‘n bietjie speel. Tog was vir my die interessantste, die kinders wat gemaak het asof hulle niks gehoor het nie. Hulle het net voort gespeel. Tog weet ons almal dat selfs hulle het reageer en my met hul dade geantwoord…

Selfs al het jy nog nooit jou vuis vir die Heiland aan die kruis gelig nie en net verby geloop en aangegaan met jou alledaagse lewe, het jy reageer…

Deur Victor Muller

Epos: vmul0702@gmail.com

Vir verdere tekspreke en inligting kyk gerus by:

http://www.preke.net/index.php/victor-muller

0:00
0:00