Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

WIE IS GOD?

Dit is belangrik dat ons in hierdie moderne tyd waarin ons leef opnuut sal besef wie God is en wat Hy vir ons as mens is:-

1.     GOD IS DIE SKEPPER VAN ALLE DINGE – Gen.1:1 en Gen. 1:27

2.     GOD IS EWIG – Psalm  90:2

3.     GOD IS ALOMTEENWOORDIG – Jeremia 23:24

4.     GOD IS ALMAGTIG – Daniël 4:35

5.     GOD IS ALWETEND – Lukas 12:7

6.     GOD IS HEILIG – 1 Joh. 1:5 ; Jes.6:3 en 5

7.     GOD IS REGVERDIG – 1 Joh.2:12

8.     GOD IS LIEFDE – Romeine 5:8

9.     GOD IS GETROU/GELOOFWAARDIG – Hebr. 10:23

10.                        GOD IS ONVERANDERLIK – Mal.3:6

Neem tyd en bedink hierdie wonderlike feite wat God vir ons is?

Hy is die skepper van die heelal maar ook die skepper van elke persoon. God is ewig wat vir ons aandui dat God het geen begin en geen einde nie. Hy was van alle tye net daar. Ja, ons verstand verstaan dit nie maar dit is die Bybelse feit. Hoe wonderlik om te weet dat God Alomteenwoordig is. Hy is ALTYD met jou, saam jou en by jou. Hoeveel keer moet jy met die gedagte worstel dat God het jou verlaat? Is dit God wat jou verlaat het of is dit jy wat God verlaat het? Hy is daar! Hy weet wat jy doen en dink en jou motiewe en gesindheid. Ons kan vir Hom niks wegsteek nie! Ja, God is ook Almagtig. Daar is niks vir God onmoontlik nie – behalwe om sonde te doen want dit druis in teen Sy Heiligheid. God kan konings se harte verander of enige situasie. Ja, Hy is ook alwetend. Hy weet van alles wat op hierdie aarde – ja, die heelal – gebeur. Ook dit wat in jou lewe gebeur en daarom moet ons altyd ’n wonderlike verhouding met die Here beleef sodat ons in Hom kan rus met betrekking tot dit wat oor jou lewe kom. God is Heilig , daar is geen sonde by God nie. God is ook regverdig. Hy sal met die oordeel regverdig teenoor elkeen optree. God is liefde. Hy is vir die mens wat Hy geskape het baie lief. Dit beteken dat Hy JOU lief het en daarom Sy Seun gegee het om vir jou te sterf aan die kruis. Jy moet die keuse maak om Hom aan te neem as jou Verlosser of jy sal die prys self eendag in die hel moet gaan dra. Dit wil God nie sien nie omdat Hy vir jou so lief is. God is ook altyd getrou. Al is ons ontrou, Hy bly getrou. God is onveranderlik. Dit wat God in Sy Woord gespreek het , dit sal Hy uitvoer. God is nie vandag so en more anders nie. God het nie “moods” nie. Daarom is dit vir ons so belangrik om die Woord van God uit te leef en gehoorsaam te wees.

Al hierdie dinge is God vir JOU!

PSALM 145:3 Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik.

GEBED

Here my God, baie dankie vir dit wat U vir my is! Ek aanbid U o Here! Trek my om ten alle tye in U teenwoordigheid te leef en te handel. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00