Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
WAT IS OP DIE TV?
Dit is Vrydag en die dag en die week is verby. Die werkers is besig om hul goedjies te kry om huis-toe te gaan. Jan stap na sy baas toe en vra:-“ Meneer is daar nie ekstra werk wat ek kan doen, vanaand nie?” “Ja,” antwoord die baas , ” maar jy moet weet ek kan jou nie oortyd betaal nie!” “O” sê Jan “ dit is heeltemal in orde want sien, ek wil net nie huis-toe gaan nie.” “ Hoekom nie?” vra die baas. “ Wel, ek is maar in die “dogbox” na gisteraand.” “ Nou wat het jy gedoen om dit te verdien?” vra die baas. “Sien,” sê Jan “ek het gesit en TV kyk. Ek het niemand gesteur nie en toe my vrou inkom vra sy wat is op die TV, en eerlik, regtig al wat ek gesê het is, “Stof” en van daardie oomblik af is sy moedeloos kwaad vir my.”
Hierdie vrou het fout gevind met haar man se eerlikheid en wat sy toe doen is om haar te ontrek van die geselskap.
Hoe baie mense vind nie fout met God se eerlikheid en dan ontrek hulle, hulself van die “geselskap” met God? God het al met talle mense reguit gepraat oor hulle goddelose lewe en dan vermy hulle Hom meer. Mense wat die Waarheid ken maar nie bereid is om te buig voor die Here nie.
Hoeveel kinders van God ontrek nie van God as God met hulle eerlik is nie? Hou op bid! Hou op om Bybel te lees! Hou op om hul bydrae te gee vir die saak van God. En so dink hulle dat hulle God “spite” / vermaak? Sommige gaan doen sommer moedswillig sonde! Is dit jy?
Onthou jy die jongman wat na Jesus gehardloop het en gevra het wat hy moet doen om die ewige lewe te ontvang? Jesus het hom die wette voor gehou en hy het alles onderhou. Jesus het toe vir hom gesê om sy besittings te verkoop en Hom te volg. Hierdie man het bedroef weg gegaan van Jesus. Jesus se eerlikheid en Jesus se Waarheid was vir hom net te veel. MARKUS 10: 17 – 31
Wat van jou? Is jy gehoorsaam aan God as God eerlik met jou is? Of ontrek jy jou van God se geselskap?
GEBED
Vader, mag ek my altyd aan U onderwerp en nooit van U ontrek! AMEN