Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

WAAR IS DIE BLOMME?

 

Die ou tannie het die meeste van haar tyd spandeer om in die swaai voor haar huis te sit en swaai. Dit is nou al ’n paar jaar dat haar man dood is en sy het haar ontrek van die samelewing behalwe haar naby familie en die eensaamheid het maar net elke dag gegroei.

 

Dit is een pragtige somersdag dat sy in die motorhuis gaan en die spitvurk uithaal. Sy het ook ’n groot sak met saadjies gekry en dit ook na buite gebring. Hierdie tannie het ’n besluit geneem om uit die swaai te klim en vir haar pragtige blomme te plant. Sy was gek na rooi blomme!

 

Nou tussen haar en die buurman was daar ’n muur gebou waar die baksteen geplaas is en dan ’n baksteen opening en dan weer ’n baksteen en so aan. Die muur van baksteen het dan hierdie openinge gehad.

 

Die tannie het met groot ywer tussen die muur en haar motoroprit na die motorhuis gespit. Sy het die grond goed om gedolwe en die saadjies in rye geplant.

 

Die reën het gekom en die son het geskyn en die saadjies het op gekom en rankies het teen die muur gegroei. Elke dag het sy op die swaai gesit en die groei van haar plantjies dop gehou. Sy het gesien hoe die ranke teen die muur groei en dit het groot vreugde verskaf.

 

Pragtige ranke maar geen blomme, niks, zero!    Waar is die rooi blomme?

 

Eendag het die tannie besluit – ek het daardie saadjies geplant vir rooi blomme en al wat ek kry is ranke! Sy het net genoeg daarvan gehad en in die motorhuis gegaan en die skêr gaan haal en al die ranke afgeknip om te verbrand. Sy het omtrent ’n derde afgesny en was heeltemal in haar noppies daarmee, toe haar buurman inry en haar vra wat sy doen. Sy verduidelik dat sy het die saadjies geplant om rooi blomme te kry maar al wat sy sien is die ranke.

 

Die buurman het haar aan die hand geneem na sy erf en daar was duisende rooi blomme aan sy kant tussen die gate in die muur. Pragtige gesonde blomme!

 

Hoe baie werk jy en doen jy iets om die resultaat te sien terwyl God die “blomme” vir ander wys. Hoeveel keer het jy die eer gesoek? Jy moet erkenning kry!

 

MATT. 6:1  Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.

 

MATT. 6:2  Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.

 

MATT. 6:3  Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, 

0:00
0:00