Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
Baie mense vind dit moeilik om iemand te vergewe wat hulle diep seer gemaak het. Hulle onthou alles wat die persoon aan hulle gedoen het. Corrie ten Boom het baie gely terwyl sy in ‘n konsentrasie kamp in Duitsland gevange gehou was tydens die tweede wereld oorlog. Iemand het iets aan haar gedoen wat sy nie kon vergeet nie. Sy het hom vergewe maar in haar geheue het dit wat hy gedoen het, haar herhaardelik geteister. Dit het haar van slaap beroof. Sy het tot op ‘n punt gekom waar sy tot God geroep het om haar te help. Hierdie probleem moes opgelos word. Dit was ‘n goedgesinde Duitse predikant wat haar uiteindelik te hulp gekom het na twee weke sonder slaap. Hy het verwys na die klok in die kerk toring. As die persoon aan die tou trek om dit te lui , en die tou laat val, hou die klok nog aan om te lui, ‘Ding, dong, ding , dong’, stadiger en stadiger totdat dit tot stilstand kom en geen geluid meer gehoor kan word nie. So is dit ook met vegifnis. As ons vergewe is dit asof ons die tou laat val uit ons hande maar die klok van ons seerkry bly nog geluide maak, stadiger en stadiger , sagter en sagter. Ons moet nie verbaas wees as dit ‘n tyd vat om heeltemal stil te word in ons gemoed nie. Daardie kwaai gedagtes en herinneringe is maar net die stadige swaai van die klok wat tot stilstand kom. Sy sê toe dat die klok in die weke wat gevolg het in die middel van die nag nog stadig heen en weer geswaai het maar omdat haar wil nie meer met die gedagtes gekoppel was nie, het die klok heeltemal tot stilstand gekom. God kan ons help om nie net ons emosies nie, maar ook ons gedagtes gevange te neem.
(Corrie ten Boom)