Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE
TYD EN LIEFDE
Eendag lank gelede was daar ‘n eiland waar al die gevoelens gebly het… BLYDSKAP, HARTSEER, KENNIS & LIEFDE.
Op ‘n dag word daar aangekondig dat die eiland waarop hulle woon gaan sink! Inderhaas het almal hul bootjies voorberei om die eiland te verlaat.
Maar Liefde wou vasbyt tot op die laaste want sy wou dit nie graag verlaat totdat sy doodseker was dit gaan wel vergaan nie.
Terwyl die eiland besig was om weg te sink, besluit Liefde sy sal moet vra vir hulp.
Rykdom het verby gevaar in luukse boot. Liefde vra: “Rykdom, kan jy my assebief saam met jou neem?” Maar Rykdom antwoord, “Nee, jammer ek kan nie. Daar’s baie goud & silwer op my boot en nie nog plek vir jou ook nie.”
Liefde besluit om vir Ydelheid te vra, terwyl die in ‘n pragtige boot verby vaar. Ydelheid antwoord: “Jammer Liefde ek kan nie, want jy is al sopnat & kan dalk my boot beskadig.”
Hartseer was ook in die omgewing en Liefde besluit om vir die te vra. Hartseer antwoord: “Ag… Liefde, ek’s so hartseer dat ek liewer by myself wil wees!”
Blydskap kom ook verby Liefde gevaar, maar sy was so bly dat sy nie eens gehoor het toe Liefde na haar roep nie.
Skielik, was daar ‘n stem agter Liefde…, “Kom Liefde, ek sal jou neem.” Dit was ‘n bejaarde. Liefde het so geseënd gevoel, oorstelp van vreugde dat sy skoon vergeet het om die bejaarde se naam te vra. Toe hulle aan wal kom het die bejaarde sy eie koers ingeslaan!
Liefde besef hoeveel sy verskuldig is aan die bejaarde en vra vir Kennis: “Wie het my gehelp?” “Dit was Tyd” antwoord Kennis. “Tyd?” vra Liefde. “Maar hoekom het Tyd my gehelp?” Kennis glimlag met ‘n trek van diepe wysheid en antwoord: “Omdat, slegs Tyd in staat is om te verstaan hoe belangrik Liefde is.. OORSPRONG ONBEKEND