OE JACK DANIEL MET JOHANNES 3: 16 TE DOEN KRY
Twee predikers wat tans in die bediening staan se oorlede vader Manfried Daniel , was vir ‘n kort periode, Jack Daniel genoem. Gedurende die groot depressie in Suid Afrika was hy as tienderjarige, die ENIGSTE broodwinner en het hy dikwels huiswaarts gekeer met bebloede hande. Hy het by homself gesweer hy gaan eendag ryk word en sal nie toelaat, dat sy kinders swaarkry soos hy gekry het nie. Hy is later met ‘n meisie getroud wat hy sedert sy kinderjare geken het. ‘n Rukkie later is hy opgeroep vir diens na die tweede wereldoorlog. Nadat hy jare later teruggekeer het het hy sy eerste seun die eerste keer gesien. Later het hy nog ‘n seun gehad en toe die pad gevat om ryk te word. Hy het ‘n dure les geleer dat rykdom nie verlore en vreugdevolle kinderjare kan koop, wat hy nie in sy kinderjare gehad het nie. Hy het ‘n dronkaard geword en sy vrou het sonder sy medewete, alhoewel sy hom liefgehad het, ‘n egskeidingsaak teen hom aanhangig gemaak. Daarby het sy kinders in die moeilikheid beland omdat hulle rebels geword het. Sy jongste seun het uit die huis weggehardloop. Sy skoolhoof het vir hom geskryf: “Jou kind is ‘n rebel en daar is niks wat hom sal regruk nie.
TOTDAT JESUS IN HULLE LEWE GEKOM HET
Sy oudste seun het in ‘n byeenkoms waarheen sy meisie hom ast’ware gesleep het, kragtig tot bekering gekom. Sy lewe het so radikaal verander dat sy broer daarop jaloers geraak, God begin soek en tot bekering gekom het! Albei sy seuns het predikante geword en hyself is op ‘n stadium deur ‘n sendeling gekonfronteer met die woorde: “Meneer Daniel, is jou saak reg met die Here?” Hierdie woorde het hom geskok en hy het dringend na God begin soek en is in ‘n oomblik, later gered. Hy het al die drankbottels rondom hom stukkend gebreek, sy vrou het die egskeiding teruggetrek en hy het ‘n sielewenner geword. Tien jaar later, op die ouderdom van 59 jaar is hy na ‘n massiewe hartaanval oorlede.
Gedurende daardie 10 jaar het hy die Bybel 69 keer deurgelees en talle verlore siele na Jesus toe gelei. Hy het Jesus radikaal liefgehad en selfs twee Jode in ‘n vertrek toegesluit wat hom besoek het en nie hulle wou laat gaan, voordat hy die getuienis van sy van redding klaarmet hulle gedeel het nie.
Hy het werkers gekry wat lag oor pornografiese materiaal en hulle het tot bekering gekom toe hulle sy OPREGTE trane en liefde en teleurstelling sien.
Hy het jeugdige kinders na woonbuurte vergesel in ‘n stad waar miljoene mense gewoon het en geestelike traktaatjies uitgedeel. Hy het elke persoon terugbetaal met wie hy oneerlik besigheid gedoen het. Op daardie wyse het hy onuitpreeklike rykdom in Jesus Christus verkry – ware geluk!