Sy troon (Openb 5:6)

In die middel van Sy Troon,

‘n Lam asof Hy geslag is,

Hy wat in heerlikheid woon,

Kies om Homself só te vertoon!

Onmeetbare glorie, grootte en mag,

Is ons God se majesteit gewis!

Tog is Sy nederigheid lieflik sag,

Dié eienskap wat ons betrag!

Hier is ‘n les wat ek moet leer,

Wat die ou mensdom dikwels mis,

Nie sukses, vermoë, krag en eer,

Maar die Lam wat in my regeer!

Op ‘n siekbed of ‘n groot storm,

Word selfs Sy kinders oorweldig beslis,

Maar die in wie Christus is gevorm,

Vertoon ‘n lewe kosbaarder as vlees-norm!

0:00
0:00