Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

SAND EN ROTS!

 

Twee vriende het op ’n tyd in die woestyn gestap. Die twee het oor ’n saak gestry en die een vriend het so kwaad geword dat hy die ander vriend deur die gesig geklap het. Dadelik het die vriend wat die pyn ervaar op sy hurke gegaan en in die sand geskryf:- VANDAG HET MY BESTE VRIEND MY IN DIE GESIG GEKLAP. Hulle het aangehou loop en later het hulle by ’n oase gekom. Hulle het besluit om te swem. Die een wat geklap is, is vasgevang in die modder en hy het begin verdrink. Sy vriend het na hom gehaas en hom gered van verdrinking. Nadat hulle albei op die wal sit, het die vriend wat byna verdrink het op ’n rots gegraveer:- VANDAG HET MY BESTE VRIEND MY LEWE GERED.

 

Die vriend wat hom geslaan en sy lewe gered het, het hom gevra:- “ Nadat ek jou geklap het, het jy in die sand geskryf en nadat ek jou lewe gered het, het jy op die rots geskryf – hoekom?”

 

“Wanneer iemand ons seer maak, dan moet ons dit in die sand skryf sodat die winde van vergifnis dit kan weg waai , maar wanneer iemand iets goeds aan jou doen moet jy dit graveer sodat almal dit kan sien en weet.”

 

HAND. 13:38  Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,

 

JOH. 20:23  As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou.

 

JAKOBUS 4:14  ……. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ‘n damp wat vir ‘n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn.

 

Ons lewe is soos die dampe wat by jou ketel uitkom! Die een oomblik is dit daar en die volgende oomblik is dit weg!

 

Is dit dan die moeite werd om met ‘n gesindheid in jou hart te loop teenoor iemand? Ons gaan sterwe en hoe gaan jy dan voor die Here staan?

 

Buig voor God en vergewe daardie persoon! Jy sal die vreugde ervaar wat net God in ‘n mens se hart kan werk!

 

GEBED

 

O, my Vader, ek kom na U om vergifnis maar ek vergewe eers ……….. vir dit wat hulle aan my gedoen het! Dankie dat ek vry kan spreek en vry kan wees! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00