Sagte Wapen

Jy’t ‘n swaard.
Ek ‘n mes.
Sy ‘n dolk
Hy ‘n spies.
Ons baklei.
Ons steek dood.
Ons vermoor.
Laat bloed loop.
Die slag verby –
wapens in die skede.
Lewe voort.
 
Onsigbaar wapen
van die hede
in ons mond…
 
・ Marike Bruwer –
0:00
0:00