Moord in ‘n Agterstraat

 

‘n Plastieksak
sal jou doodskis wees
‘n swart asblik
jou graf.
Ja so sal ons
ons sonde steek
ons baba in ‘n vuilgoedsak.
 
God sien jou daar
liefkleintjieding
as jy daar spartel
in jou bloed
in jou plastieksak
 
a b o r s i e
daardie eenkant moord
‘n kindermoord
in ‘n agterstraat.
 
・ Marike Bruwer –
 
0:00
0:00