Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE
Liewe jy.
Â
Ek het jou lief net soos jy is.
Â
Kom na my toe en vertel my van al jou menswees-stoei,
Â
jou besig wees en al die eise wat jou lewe soms onmoontlik maak.
Â
 Praat maar met My.
Â
Ek luister en verstaan.
Â
Jy is vir My kosbaar.
Â
Daarom wil Ek jou graag vertel hoe lyk die beste weivelde vir jou.
Â
(Nie dit wat die wêreld van jou verwag nie.)
Â
Ek sal jou help swem in jou stroomversnellende lewe…
Â
jou selfs lei na vredevolle waters.
Â
Want Ek weet hoe moeg jy is.
Â
Daarom sal Ek elke dag vir jou ‘n nuwe stuk krag gee vir die dag.
Â
Leef maar net 24uur op ‘n slag.
Â
Môre sal Ek jou weer versterk.
Â
Boonop sal Ek jou help om die regte paaie te loop.
Â
Jy hoef nie jou lewe alleen te kompas nie.
Â
Ek is immers die ewige Navigeerder.
Â
Daarom sal Ek jou ook in die donker van jou lewe lei.
Â
Wanneer jy bang en onseker jou weg moet vind of die lewe vir jou nag voel,
Â
is Ek by jou, langs jou en voor jou.
Â
Gee My jou hand dat Ek jou veilig kan lei.
Â
Ek nooi jou ook om jou lewe met My te deel.
Â
Want dan sal jy niks kortkom nie, omdat Ek in al jou behoeftes sal voorsien.
Â
Inteendeel, in my huis sal Ek jou oorlaai met onbeperkte goedheid en liefde.
Â
Kom na My toe, liewe jy.
Â
Net soos jy is.
Â
Ek wil graag jou Herder wees.
Â
Hemelsliefde en Seën.
Â
Jou Hemelse Vader
Â
OORSPRONG ONBEKEND