KURT WAGNER.

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

KURT WAGNER.

 

Kurt Wagner was een van Hitler se lyfwagte. Hy het die grond aanbid waarop Hitler geloop het. Hy het Hitler bewonder en met alles wat hy gehad het, het hy hom beskerm.

 

Aan die einde van die oorlog, Hitler wat selfmoord gepleeg het in die Berlin bunker, was Kurt verpletterd. Kurt het nie geweet watter kant to hy moet gaan nie, hy het nie geweet wat om te glo nie en al uitweg wat hy gesien het was om in Hitler se spore te volg en ook selfmoord te pleeg.

 

Kurt het besluit om ’n laaste koppie koffie te gaan geniet. Oppad na die winkel om sy koffie te gaan drink, sien Kurt ’n traktaatjie op die sypaadjie lê. Hy het dit opgetel en terwyl hy koffie drink het hy dit gelees. Eers het hy dit sorgeloos gelees en toe met aandag. Hierdie traktaatjie het tot sy hart gespreek en hy het ’n predikant gaan spreek.

 

Die predikant het hom die weg tot Saligheid verduidelik en Kurt het sy saak met God reg gemaak. Kurt is verander van ’n geharde en verharde man tot ’n vredeliewende en saggeaarde man. Kurt het ’n nuwe mens in Christus geword.

 

Nou sit ek en wonder wat is vandag jou probleem wat jou dryf om aan selfmoord te dink? Wat maak dat jy jou lewe wil neem? Is dit ander mense? Is dit die omstandighede waarin jy beland het as gevolg van ’n verkeerde besluit? Is dit finansies? Is dit jou man / vrou / kinders? Wow, is dit so erg dat jy nie meer wil lewe nie?

 

JOH. 8:44  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie.

 

Wil jy in ‘n moordenaar se voetspore volg? Weet dit vandag – die siele vyand – Satan / Duiwel – sal alles in sy vermoë doen om jou te kry om te sterf sonder Christus.

 

Moenie luister nie! Praat met iemand! Stort jou hart uit!

 

Jy kan en sal hierdie omstandighede oorleef soos baie mense voor jou. Jy is nie die enigste een met probleme nie! Jy is nie die enigste een met stryd nie! Gaan besoek ‘n hospitaal dan sien jy , dat dit met jou goed gaan.

 

Ek weet jy wil dit nie nou hoor nie – MAAR Christus gee vir jou om. As God Kurt se lewe kon verander, dan kan Hy mos joune ook verander! OF HOE?

 

 GEBED

 

Here, ek is moedeloos maar ek vertrou op U vir my lewe en omstandighede. AMEN

0:00
0:00