Jy's Leeg

Jy’s Leeg
Vir wie veg jy nou
en swaai jy jou swaard?
Dis duidelik jy’s anders
jou stem is vol haat.
Jy preek vir verlore
siele sê jy
Maar telkens sien ek
jy preek nie
jy stry.
Daar’s vuur in jou boodskap
maar nie van die Gees.
Uit die hel aangesteek
die vrug van jou vlees.
Jy’t lankal jou heilige krag
heel verloor
nou staan jy daar krities
veroordeel verhoor.
God’s kinders jou broers
voel hoedat jy slaan.
Jou medekneg bloei
kreun swyend ‘n traan.
Die lewende water
se strome is weg.
Verdorde droë bossie,
jou vrugte is sleg…
 
・ Marike Bruwer –
 
0:00
0:00