Jersus Ons Toevlug
1Samuel 22:1+2
Dawid was aan die vlug vir Saul ( verduidelik )
Hier in die spelonk van Adullam het Dawid Psalm 57 geskrywe.
Vers 2…
Dawid tiepe van die HERE Jesus, wat medelye met ons het.
Hebreërs 4: 14 – 16
Tema: Jesus ons toevlug
Paulus skryf hier vir ons en hy sê vir ons dat ons ‘n Hoëpriester het naamlik die HERE Jesus Christus.
Hy sê ook vir ons dat ons Hoëpriester die HERE Jesus met ons swakhede medelye kan hê. Hoekom? Want Hy is versoek net soos ons, in elke opsig net soos ons, maar sonder sonde.
Jesus is letterlik versoek net soos ons ( Matt 4 ), Hy is vervolg net soos ons vervolg word as ons godsvrugtig in Jesus Christus lewe ( 2 Tim 3:12 ). Hy is gespot, bespot en het pyn ervaar, verwerping ervaar en Hy het die dood gesmaak.
Die HERE Jesus is deur baie erger dinge as wat ek en u ooit sal gaan en daarom kan Hy met ons medelye hê, daarom kan Hy ons bystaan, ons help, ons deurdra maak nie saak waardeur ons gaan nie.
Let ook wel die HERE Jesus was sonder sonde.
1 Petrus 2:22
“ Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie “
Jesaja 53:9
“En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ‘n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie. “
Hebreërs 7:26
“Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het; “
Wie beter kan ons help en bystaan as Jesus wat sonder sonde is, vir ons wat sonde het en ons geloof in Hom sit.
Wat Paulus vir ons hierdeur wil kom sê, is dat ek en u het ‘n toevlug, dit maak nie saak in waste situasie ons is nie, dit maak nie saak hoe dit met my gaan nie,dit maak nie saak wat met my gebeur nie, Jesus is my toevlug!
Lees weer vers 16…
– “ Laat ons dan met vrymoedigheid gaan “ wat beteken dit om met vrymoedigheid te gaan? Dit beteken ek kan gaan en ek weet dat ek gehelp sal word.
– “ Barmhartigheid verkry “ Hoekom kan ek barmhartigheid verkry? Want Jesus is aan die kruis geklief vir my en Hy het daar die volmaakte offer gebring en daarom kan ek barmhartigheid by Hom vind.
– “ genade vind om op die regte tyd gehelp te word “ Ek sal gehelp word, maar let op, op die regte tyd en nie op my tyd nie.
– M.a.w ek kan met vrymoedigheid gaan, my geloof in die HERE Jesus sit en dan sal ek barmhartigheid verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
Ek wil hê ons moet na ‘n paar Skrifgedeeltes gaan kyk wat my eie hart geseën het en dit sê presies wat ons nou na gekyk het.
1 Samuel 15:2
“ So sê die HERE van die leërskare: Ek het terdeë gelet op wat Amalek Israel aangedoen het, dat hy hom in die weg gestaan het by sy optog uit Egipte. “
– Exodus 17 lees van Amalek…
– Terdeë gelet – beteken, goed, geweldig, erg
– God nogsteeds dieselfde
– God – sluit in God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees
– Kosbaar om te weet dat Jesus terdeë op ons oplet, ag gee op ons en dat Hy medelye met ons het.
Psalm 62:9 “Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is ‘n toevlug vir ons. Sela. “
– “ Vertrou op Hom altyd “ – bevel – Hoekom ons vertrou, Hy nog altyd getrou
– “ Stort julle harte uit voor sy aangesig “ Ek kan na God toe gaan, my hart deel
– “ God is ‘n toevlug vir ons “ toevlug is plek/persoon waarna ek gaan waar ek weet ek hulp gaan kry.
– Illustrasie – Kimberley se gat, bediende by Victor se ma se werk
2 Kronieke 16:9
“ want die HERE—sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is “
– Hoekom kan die HERE die kragtig steun wie se hart onverdeelt op Hom gerig is? Hy is versoek net soos ons daarom kan Hy medelye met ons hê en ons kragtig steun.
– Wat ‘n kosbare gedagte om te dink die HERE soek na my en u, na ons wie se harte onverdeeld op Hom gerig is, Hy soek na ons om ons karagtig te steun. Kosbaar!
Is dit nie wonderlik om te weet dat maak nie saak waardeer ek gaan nie, wat met my gebeur nie, in watter situasie ek is nie, Jesus is vir my ‘n toevlug. Ek kan na Hom toe gaan, Hy sal my help, my bystaan, my deurdra, ek moet Hom net vertrou en in Hom rus!
Die vraag is nou nadat ons gehoor het wie die HERE Jesus is, gaan ek na Hom toe?
Hy is geklief vir my, Hy is geslaan vir my, hy het die volmaakte offer aan die kruis gebring vir my, Hy is versoek net soos ek, maar sonder sonde en daarom kan Hy met my medelye hê en my help op die regte tyd.
Gaan ek na Hom toe, rus ek in Hom, of maak ek my eie planne, wil ek my eie battles fight terwyl Hy klaar die oorwinning vir my behaal het.
Om nie na die HERE toe te gaan en in Hom te rus nie en om my eie battles te fight en om nie te wag tot wanneer die HERE die uitkoms gee nie is soos om:- om jou kar dokter toe te vat om gediens of herstel te word- brood by ‘n biblioteek te gaan koop – of om Nuweland toe te gaan om ‘n troefieë in die troefieë kas te gaan soek.
Dis presies wat ek en u doen as ons nie in die HERE Jesus rus nie, as ons nie met vrymoedigheid na die troon van genade gaan om barmhartigheid te verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word nie, maar ons eie planne maak, ons eie battles wil fight, self ons problem wil oplos en nie kan wag vir die HERE se tyd nie.
Kom ons gaan kyk na ‘n verhaal in die Bybel van 2 manne wat vir ons ‘n voorbeeld is van om in die HERE te rus en om nie in die HERE te rus nie.
1 Samuel 17
Israel en Filistyne laers opgelaan teenoor mekaar, 1 teen die een berg en die ander 1 teen die ander berg en daar was ‘n dal in die middle.
Toe kom Goliat die reus uit onder die Filistyne en daag die slagordes van Israel uit.
Hy sê vir hulle, as hy wen, dan moet Israel die Filistyne dien en as Israel hom verslaan dan moet die Filistyne Israel dien.
Toe Saul en die hele Israel hierdie woorde hoor, hul baie bang, verskrik en bevrees geword.
Isai se 3 oudste seuns Eliab, Abinadab en Samma het Saul in die oorlog gevolg.
Dawid het skape opgepas.
Isai het Dawid gestuur om vir sy broers en vir die owerste oor ‘n duisend ransoene/prafiant te neem en te kyk na die welstand van sy broers.
Soos ‘n gehoorsame seun daar aan gekom, prafiant/ransoene afgegee by pak goed en gaan vra na die welstand van sy broers.
Toe Dawid besig was om met hulle te spreek, kom Goliat weer daaraan en daag die slagordes van Israel weer uit, sodat Dawid te hoor.
Toe al die manne van Israel Goliat sien het hulle gevlug, want hulle was bang vir hom.
Die manskappe sê toe vir Dawid wat Saul die man sal gee wat Goliat sal verslaan, oorlaai met rykdom, sy dogter aan hom gee en sy familie in Israel vrystel van belasting.
Toe sê Dawid hy sal gaan veg teen die onbesnede Filistyn.
Saul sê eers nee, Dawid te jonk en onervare en Goliat is ‘n krygsman van sy jeug af.
Dawid sê toe vir Saul dat die HERE wat hom gehelp het om die skape teen die leeu en beer te beskerm het, Hy sal hom help om Goliat te verslaan.
Toe sê Saul vir Dawid gaan en mag die HERE met jou wees.
Saul trek toe vir Dawid sy klere aan, Dawid kan nie daarin loop nie en trek dit uit.
Kry vir hom 5 gladde klippies in die spruit en gaan met sy staf en slingervel na Goliat toe.
Goliat vra vir Dawid of hy ‘n hond is dat Dawid na hom toe kom met ‘n stok en hy sê hy gaan Dawid verslaan en hom vir die voëls van die hemel en vir die diere van die veld voer.
Dawid sê vir Goliat, jy kom na my toe met ‘n spies en ‘n sward en ‘n lans maar ek kom na jou toe in die Naam van die HERE en die HERE gaan my die oorwinning gee en ek gaan jou hoof van jou af wegneem en die leer van die Filistyne gaan gevoer word vir die voëls van die hemel en vir die diere van die veld. Sodat die hele aarde kan weet dat Israel ‘n God het.
Dawid neem toe ‘n klip en sit dit in sy slingervel en gooi vir Goliat teen die kop en Goliat val met sy aangesig teen die grond. Dawid kap toe Goliat se kop af met Goliat se sward en die Filistyne slaan op die vlug.
In 1ste plek kom ons gaan kyk hoe het Saul en sy manskappe die situasie gehanteer waarin hulle was.
– Vers 4 – 11…
– Hoekom het hulle bang geword?
– Hulle het vasgekyk in hul omstandighede, hulle het hul oë op hul omstandighede gehou. Al wat hulle gesien het was hierdie groot reus, hoe hy gewapen was en hulle gehoor as hul verloor hul die Filistyne gaan dien.
– Julle sal saam my stem, hul nie nie eintlik ‘n baie mooi prentjie gehad nie.
– Hulle het so in hul omstandighede vas gekyk dat hulle nie vir God raak gesien het nie.
– Is dit nie maar wat ons baie keer doen nie, ons kyk so vas in ons omstandighede vas dat ons vir God heel mis kyk.
Gedagte in Joggie se nuusbrief raak gelees wat baie hier by pas.
Johannes 6:16 – 21
“En toe dit aand geword het, het sy dissipels afgegaan na die see toe. En nadat hulle in die skuit geklim het, het hulle oor die see gevaar na Kapérnaüm; en dit was al donker, en Jesus het nog nie by hulle gekom nie. En die see was onstuimig, omdat ‘n sterk wind gewaai het. En toe hulle omtrent drie of vier myl geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom; en hulle het bang geword. Maar Hy sê vir hulle: Dit is Ek, moenie vrees nie. Toe was hulle gewillig om Hom in die skuit te neem, en dadelik het die skuit by die land aangekom waar hulle na toe gegaan het. “
– Situasie van die dissipels, dit was donker, hulle was alleen, see was onstuimig, wind het gewaai en hulle het 3 tot 4 myl geroei.
– Jesus loop na Sy dissipels toe op die water, toe Hy naby hulle kom vind Hy dat hulle bang was.
– Die dissipels het so in hul omstandighede vasgekyk, vasgekyk in die donker, alleen wees, in die wind en onstuimige see dat hulle nie vir Jesus daar by hulle gesien het nie.
– Eers na Jesus vir hulle gesê dit is Hy het hulle Hom op die boot gelaat.
– Net voor hierdie gebeurtenis het die HERE Jesus ‘n wonderwerk gedoen, die broodjies en vissies vermeerder en die dissipels het dit aanskou. Oomblikke later na die wonderwerk toe situasie bietjie moeilik raak vergeet die dissipels die wonderwerk wat die HERE gedoen het, in daardie oomblik van nood vergeet die dissipels die HERE se getrouheid hoe Hy hul nog elke keer gehelp, bygestaan en gered het.- Hoe maklik doen ons nie selfde as die dissiples nie, ons kyk so maklik so in ons omstandighede vas dat ons nie die HERE Jesus raak sien nie en in daardie moeilik omstandighede is ons so geneig om te vergeet van die HERE se getrouheid in ons lewens, hoe Hy nog altyd getrou was om ons te help en te ondersteun en ons gaan maar net voort om in vrees te lewe. Plaas daarvan om met vrymoedigheid die troon van genade te nader, barmhartigheid te verkry en genade te vind om op die regte tyd gehelp te word.
Wil die HERE nie dalk in hierdie aand vir u kom sê, Ek is naby u, haal ‘n bietjie u oë van u omstandighede af en sien My raak wat u wil help, wat medelye met u het, wat wil hê u moet vrymoedigheid neem om tot die troon van genade te nader om barmhartigheid te verkry en genade te vind om op die regte tyd gehelp te word nie.
So in die eerste plek Saul en sy manskappe het so in hul omstandighede vas gekyk dat hulle nie vir God raak gesien het nie.
Vers 22 – 25- Hoekom het Saul nie gaan veg nie en het hy ‘n belonging aangebied vir die man wat Goliat verslaan?- Hy was tog die koning, hy was mooi gebou, van sy skouers af boontoe was hy hoer as die hele volk. Hoekom het Saul nie die HERE raak gesien nie, hoekom het hy nie vrymoedigheid gehad om tot die troon van genade te gaan nie om barmhartigheid te verkry en genade te vind om op die regte tyd gehelp te word? Hoekom het hy nie vrymoedigheid gehad om in God te rus nie?- Hy het sonde in sy lewe gehad, hy wat ongehoorsaam aan die HERE. Sonde vat ons vrymoedigheid weg om na die HERE te gaan. Saul het sonde in sy lewe gehad, daarom het hy nie vrymoedigheid gehad om in die HERE te rus nie.
– ‘n Toets of dit goed met my en u geestelik gaan, het ek en u vrymoedigheid om na die HERE toe te gaan?
– As dit nie geestelik met ons goed gaan nie en daar is sonde in ons lewe, sal ons vind dat ons geen vrymoedigheid, geen begeerte het om na die HERE toe te gaan nie.
– Hou ek en u ons oë op die HERE Jesus ons Leidsman en die Voleinder van ons geloof en gaan dit met ons geestelik goed, is ons geestelik gesond en sodoende het ons die vrymoedigheid om die troon van genade te nader om barmhartigheid te vind en om genade te vind om op die regte tyd gehelp te word en ons rus in Jesus die Eew’ge Rots geklief vir u en vir my?
Kom ons gaan kyk hoe het Dawid presies dieselfde situasie gehanteer.
-vers 17 – 21…
– Hier sien ons dat Dawid gehoorsaam was, hy het presies uitgevoer di twat sy vader hom bevel het.
– Anderste as Saul was Dawid gehoorsaam en het Dawid vrymoedigheid gehad om na die HERE toe te gaan en in Hom te rus.
1 Samuel 15:22
“Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme. “
-Hier vin dons Dawid was gehoorsaam, dit het God behaag en daarom het Dawid groot vrymoedigheid gehad om na God te gaan want hy het geweet dat God hom sal help.
– Vers 32 – 37…
– Dawid het nie vasgekyk in sy omstandighede nie, maar het sy oë op die HERE gehou en nie vergeet van die HERE se getrouheid en wonderdade in sy lewe nie en hy het in God se krag teen Goliat gaan veg en God het hom die oorwinning gegee.
– Nog ‘n ding wat vir my kosbaar was, Dawid se moetief was suiwer, sy moetief om Goliat te verslaan was nie vir sy eie eer nie, was nie om raak gesien te word nie, maar vir God se eer, sodat die hele aarde kan weet dat Israel ‘n God het.
– Hoe lyk my en jou motiewe agter alles wat ons doen? Is dit suiwer?
– As ek reg maak met die HERE daar waar ek verbrou het, is dit omdat ek regtig jammer is en bereid is om met die sonde te breek en ek besef wat my sonde aan die HERE Jesus doen of is dit maar net omdat ek bang is en vry wil kom van die gevolge van my sonde soos Esau en Saul?
– Hoe lyk my moetief in alles wat ek doen teenoor my medemens en teenoor God se werk?
– Is my moetief om eer te kry, om raak gesien te word hoe oulik ek is of is my motief om eer aan God te bring in alles wat ek doen. Gaan dit oor God se eer soos in hierdie geval met Dawid?
– Is my en u motief suiwer agter alles wat ek en u doen? As dit nie is nie kan ons dit maar los, want dan beteken dit absoluut niks nie.
– Iemand het gesê, ons gaan nie net geoordeel word volgens ons dade nie, maar ook volgens ons motiewe agter ons dade.
Dit brand werklik waar in my hart dat elkeen van ons wat vanoggend hier is, dat ons in elke situasie in ons lewens in die HERE sal rus en dat Jesus die Eew’ge Rots geklief vir my en u ons toevlug sal wees.
Slot:
Op ‘n donker en stormagtige nag was ‘n dame besig om per boot Lake Michigan oor te steek. Die reen, weerlig en donderweer het haar baie senuweeagtig gemaak. Sy sien net hoe skerp klippe hier en daar rondom die boot hul verskyning maak. Baie bang vra sy die kaptein, weet u darm waar al die skerp rotse hier in die meer is? Nee antwoord die kaptein, maar ek weet waar dit veilig is.
Soos ek en u deur die lewe vaar gaan ek en u baie skerp rotse teë kom. Sommige sal ons weet hoe om te vermy, ander sal onverwags hul verskyning maak. Die belangrikste is om te weet waar dit veilig is. Jesus weet waar dit veilig is, neem u toevlug na Hom en rus in Hom.