Jesaja 53:3-6 Ian Waterson

Goddelike genesing: Jesaja 53:3-6 Lees

2 Tipes: 1) Geestelik (53:5 — “oortredinge enongeregtighede”)

2) Liggaamlik (53:5 — “genesing gekom”)

Inleiding: Gebaseer op Jesaja 53:3-6 het die Kerkvader Clemens van Alexander in die tweede en derde eeu v.C. gesê dat dikwels is vas en gebed nodig wanneer dit by goddelike genesing kom, want genesing deur Christus sluit beide die gees en die liggaam is.

1.Geestelike genesing: v5 “Maar Hy is terwille van ons OORTREDINGE deurboor, terwille van ons ONGEREGTIGHEDE is Hy verbrysel”

In Efésiërs 4: 17-32 (veral v22-24) praat Paulus van die bedorwe sedes van die ou lewe sonder Christus teenoor die Christelike heiligmaking.  Ons lees hier dat ons die ouemens (die sondige natuur) moet aflê en ons met die nuwe mens in Jesus Christus beklee — wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.  

Genesis 1:26-27 — mens na God se beeld geskape Intelektueel en morele natuur, in wese — handel, wandel, optrede, woord, gedagtes — na God geskape. Mens na die beeld van God geskape. Maar toe kom Genesis 3 — sondeval Mens sondig teen God — beeld van God in mens geskend en verwoes. God se beeld nie meer in die mens nie.

As ons deur die Bybel lees ontdek ons die hart van die mens en sy behoefte aan ‘n Voorbeelde:  – Kain en Abel – Mense in Noag se tyd — God berou Hy mens gemaak – Sodom en Gemorra – Simson – Saul                                                                                                                               

– Abner en Isboset – Migal wat Dawid verag het toe Hy voor die Here en die ark gedans het – Judas – Ananias en Saffìra – Simon die towenaar wat geld aangebied het om die Heilige Gees te ontvang                       

Dit is wie die mens is, dis die hart van die mens. Die beeld van God in die mens is geskend en verwoes en daarom sê Paulus dat ons die oue mens moet aflê en met die nuwe mens beklee word — wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. Dis kosbaar dat God ons as mens nie net oorlaat aan ons verdiende loon vir sonde nie, maar dat Hy vir my en u so liefgehad het dat Hy Sy Seun as ‘n losprys gegee het om ons te geestelik te genees en na Sy beeld in ons te herstel. Weet u wat God se liefde vir ons as mens so kosbaar maak? Die antwoord vind ons slegs in Sy Heiligheid en Ggeregtigheid. ( verduidelik ) God wil my en u geestelik genees en sodoende Sy beeld in ons herstel. Hy wil ons oortuig van ons sonde, sodat ons na die kruis sal gaan, Jesus daar ontmoet, genade vind om die oue mens af te lê en onsself met die nuwe mens in die Here Jesus Christus beklee — wat na God se beeld na ware geregtigheid en heiligheid geskape is. M.a.w. Hy wil my soos Homself kom maak, sodat ek in my handel, wandel, optrede, woord en daad soos Hy sal wees deur Sy Seun Jesus Christus. 1 Johannes 2:6, Galasiers 2:20 Illustrasies: – Oom Wally – Christ comes to Puerto Rico Dit is wat God vir elkeen van ons wil doen: Sy beeld in ons wat geskend en verwoes is deur die sonde — kom herstel en genees. 2.       Liggaamlike genesing: 53:5 — “deur sy wonde het daar vir ons GENESING gekom”

Oorsprong: – a.g.v sondeval  – ongedissiplineerde lewensstyl

Die eerste vraag wat by my opkom wanneer dit kom by liggaamlike genesing kom, is dit die Here se wil? As mense met huis besoek — of waar ookal — vir ons vra om vir hulle vir liggaamlike genesing te bid, dan bid ons so: “ Here as dit U wil is, kom raak hierdie persoon aan, maar as dit nie U wil is nie, kom bereik U doel hiermee in hierdie persoon se lewe. “

Siekte is soms ‘n middel tot Christus-gelykvormigheid. M.a.w die Here laat siekte toe in ons lewens om Sy wil en doel te bereik.

2 Korinthiërs 12:7 “ En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie. “

Die Here het vir Paulus ‘n doring in die vlees gegee (kommentare sê: “God was please to appoint”, m.a.w God het Paulus ‘n guns gedoen om die doring toe te laat ) — om hom van  geestelike hoogmoed te bewaar. Die Bybel sê nie uitdruklik wat Paulus se doring in die vlees was nie — feitlik elke Skrif verkaarder het sy eie opinie hieroor — hoofpyn, oorpyn, voorkoms, swak oë of vervolging en mishandeling. (2 Korinthiërs 10:10, 12:10; Galasiërs 4;13-14; 4:15; 6:11,17)

Wat ookal die doring in die vlees was, hierdie vers (2 Kor 12:7) leer die Here het dit met ‘n doel toegelaat het — naamlik, om Paulus teen hoogmoed te bewaar.

Net so kan die Here ook siekte toelaat in my en u lewe om Sy doel en wil te bereik.

Siekte, pyn, lyding, verlies ensovoorts is ‘n direkte gevolg van die sondeval EN TERWYL SONDE NOOIT GOD SE DOEL VIR DIE MENS WAS NIE, gebruik God tog hierdie dinge dit baie keer om ‘n spesifieke doel in iemand (of deur iemand — Jesus in die tuin van Getsémane) te bereik. Jakobus 1:17“Elke goeie gif en elke volmaakte gawe (sleg of goed) daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie. “Jesus het drie keer in Getsemane gebid (Matthéüs 26:44)  Paulus het 3 keer gebid (2 Korinthiërs 12:8)

God het nie Jesus of Paulus gegee wat hulle gevra het nie — juis omdat Hy ‘n groter doel gehad het. God doen eerder dinge in ons as vir ons wanneer dit nodig is.

Illustrasie: Oom van Upington gesê: “ Die Here het my been nie aangeraak toe ek gebid het nie, miskien is dit omdat Hy geweet het ek sou dan van Hom met gesonde bene wegdwaal as ek nie elke dag van Hom afhanklik is nie! “

Andrew Marray het die volgende geskryf:  “ God heilig ons d.m.v dinge wat ons soms moet ly — veral wanneer hierdie dinge ons help om ons oë van onsself af te haal.

Klaagliedere 3:33“ want nie van harte verdruk of bedroef Hy die mensekinders nie. “

God genees met die doel dat Hy daardeur verheerlik moet word.

In Johannes 11 lees ons waar Jesus Lasarus uit die dood opwek en in vers 40 sê Jesus aan Martha “Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie? “ Genesing is van weinig waarde as dit nie die Here verheerlik nie.      Daarom genees God mense — sodat Hy daardeur verheerlik kan word.

Jakobus 5:14-15  “  Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. “

Andrew Murray skryf oor hierdie gedeelte: “ Hierdie gedeelte leer beslis dat God wil hê dat Sy kinders gesond moet wees en dat gebed met volharding die geheim is van alle aspekte  van die geestelike lewe. “

Jakobus huiwer nie om te sê dat die gebed van die geloof die siekte sal genees en dat die Here die persoon sal oprig nie.

Paar beloftes uit die Woord dat God genees: Psalm 30:3  “HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak. “              Psalm 103:2-3 “  Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees, “Jesaja 53:4“Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. “ Mattheus 8:13 Toe sê Jesus vir die hoofman oor honderd: Gaan, en laat dit vir jou wees soos jy geglo het. En sy kneg het gesond geword in daardie uur. “

Mattheus 8:17 “sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra. “

Vanmore wil ons presies dit doen wat die Heilige Gees deur Jakobus in Jakobus 5:14-15 ons bevel om te doen.

0:00
0:00