IS JY ’N REKKIE?
Het jy al stil geword en jou gedagtes laat gaan oor ’n rekkie – ’n rubber rekkie? Jy kry soveel verskillende rekkies wat gebruik kan word maar my eie gunsteling is daardie dik rubber rekkies.
Waarvoor gebruik ’n mense ’n rekkie? Wel dit is vir een doel gemaak naamlik:- Jy moet die rekkie rek en dan om iets plaas om dit bymekaar te hou. Nou , die geheim is dat dit moet rek! Indien dit nie rek nie, sal dit NIE sy doel dien nie! Is dit nie so nie?
Is kinders van die Here nie ook soos rekkies nie? Ons is hier op die aarde geplaas om daders van die Woord van God te wees. Om dit te wees is dit uiters belangrik dat elkeen homself/haarself sal rek vanuit hulle gemaksone sodat ons effektief kan wees. Nou, hierdie is een van die moeilikste dinge vir elke mens, naamlik, om vanuit ons gemaksone te beweeg.
Die Bybel leer ons nêrens dat ons is hier op aarde geplaas om in ons gemaksone ewe “cozy” te lewe nie!
Tog, JEREMIA29:11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee. En nou moet ons weet wat is God se plan vir ons lewe! Hoe sal ons weet?
Wel, elkeen moet verander! Dink byvoorbeeld aan Abraham wat moes trek uit sy land en weg van sy familie en die wonderlike plan wat God vir hom gehad het. Petrus en Johannes wat die skuite moes agterlaat en verander.
Die enigste een wat wel van verandering hou is ‘n nat baba wanneer die doek geruil word – Mark Twain
Dus verlang God en daarom skryf Jakobus – JAKOBUS 1:22 En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
GEBED – (DINK MOOI VOORDAT JY DIT BID?)
Here, ek is gewillig om te verander en vanuit my gemaksone te kom sodat U verheerlik kan word! AMEN