S JY JESUS?

Daar was eendag ’n sakeman wat oppad werk toe was. Hy het altyd die trein  gehaal maar die dag was hy bietjie laat. Hy moes hardloop om die trein in te haal.

 

Onverwags beweeg daar ’n klein seuntjie, van so om en by nege jaar, voor hom in. Die groot man tref die seun en albei is onderstebo. In die seun se hand was ’n kartondoos met sewe-honderd-en-vyftig stukkies legkaarte.

 

Die legkaarte het op die grond geval en oor die vloer gespat.

 

“Jammer seun, jammer, ek moet die trein haal!” skreeu die sakeman.

 

Skielik onthou die man, dat hy het sy lewe aan die Here gegee so ’n paar weke gelede. Hy onthou ook :- MATT. 28:19  Gaan dan heen, maak dissipels …….”

 

Hy het dadelik gestop en draai toe om na die seun. Hy gaan op sy knieë en vee die stukkies van die legkaart bymekaar en plaas dit in die kartondoos.

 

“Hier seun, hier is jou legkaart.”

 

Die seun het verbaas na hom gekyk en gevra:- “Meneer, is jy Jesus?”

 

                                                                                                     UIT:- ’n Perd in jou bad.

 

Is dit nie ook so dat ons so gejaagd is dat ons vergeet om soos Jesus in situasies op te tree nie? Jesus is die een wat ons knieë laat buig. Hy is die een wat ons laat glimlag. Hy is die een wat in ons werk om uit te reik na ons medemens.

 

“Meneer, is jy Jesus?” of is jy die onbeskofte een by die werk en op die pad wat niks van dit wat jy in die kerk of stiltetyd gekry het aan die wêreld reflekteer nie?

 

Is dit die Jesus Christus legkaart wat op die vloer lê en wat jy jou hele lewe lank nog ignoreer? Is dit nie tyd om dit op te tel en JOU legkaart te voltooi nie?

 

JOH. 1:12  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;

 

JOH. 1:13  wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.

 

GEBED

 

Here, dankie dat U roep en trek en my oortuig om die legkaart van Jesus in my lewe te plaas. Laat my daagliks soos Jesus optree? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00